Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Groot waterskade aan biblioteek ná inbraak
Skade aan die plafon van die Heideveld-biblioteek in Kaapstad nadat inbrekers die naweek toegeslaan en waterpype uitgeruk het. Foto: Verskaf
Koerante is op die vloer van die Heideveld-biblioteek gepak nadat waterpype in ’n inbraak die afgelope naweek uit die plafon gesteel is. Foto: Verskaf
Personeel van die Heideveld-biblioteek probeer Maandag om die omvang van die skade ná ’n inbraak te bepaal. Foto: Verskaf

Inbrekers het oor die naweek aansienlike skade aan ’n biblioteek in Kaapstad aangerig voordat dit aanstaande week sou heropen.

Zahid Badroodien, burgemeesterskomiteelid vir gemeenskapsdienste en gesondheid, het Maandag gesê inbrekers het die plafon van die Heideveld-biblioteek beskadig, wat tot gebarste waterpype en groot skade aan die geriewe gelei het.

“Die biblioteek was veronderstel om op 28 September te open, met ons personeel wat gereedgemaak het om gebruikers terug te verwelkom. Dit is meer as net ’n plek waar mense boeke kan uitneem en studeer.

“Ons het baie hard gewerk om biblioteke weer op hul volle kapasiteit te bring sodat inwoners veral in kwesbare gemeenskappe ’n veilige ruimte het vir toegang tot hulpbronne wat geleenthede in die stad en die res van die land ontsluit.”

Badroodien sê weens die skade sal die biblioteek nie kan heropen nie en gaan herstelwerk eers nodig wees.

Hy het by navraag gesê die inbrekers het glo deur die dak toegang tot die biblioteek verkry.

Koperpype is uit die dak geruk, wat tot die waterskade gelei het.

Die omvang van die skade word ondersoek en word geraam op R30 000 vir die boeke en R10 000 om die water te verwyder.

Die herstelwerk aan die plafon en vervanging van die waterpype en beskadigde bedrading kan ook duisende rande kos, sê Badroodien.

Kapt. FC van Wyk, provinsiale polisiewoordvoerder, het die middag bevestig ’n inbraak by ’n nie-residensiële perseel word ondersoek en niemand is al in hegtenis geneem nie.

• Enigiemand met inligting oor die inbraak kan die Manenberg-polisie by 021 699 9400 of Stop Misdaad by 08600 10111 kontak.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.