Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Groter beloning vir inligting oor egpaar van Kaap se moord

Die polisie in die Wes-Kaap bied nou ’n groter beloning aan vir inligting wat tot die aankeer en suksesvolle vervolging van ’n bejaarde egpaar se moordenaars kan lei.

Aubrey Jackson (95) en Rosalie Bloch (84).

Die beloning is van R60 000 tot R100 000 verhoog in die hoop dat dit tot inligting oor die moord op Rosalie Bloch (84) en Aubrey Jackson (95) sal lei.

Die egpaar is op 5 Mei 2018 tydens ’n rooftog in Wolmunsterweg, Rosebank, naby Rondebosch in Kaapstad vermoor.

Shaun, Bloch se seun, het hul lyke in hul huis gekry. Hulle was veronderstel om saam met hom ontbyt te gaan eet, het Maygene de Wee destyds berig.

Bloch se lyk was op ’n rusbank in die sitkamer en Jackson se lyk was in die studeerkamer.

Shaun het destyds gesê daar is by ’n venster aan die agterkant van die huis ingebreek.

Bloch is dr. Graeme Bloch, ’n onderwyskenner en anti-apartheidstryder, se ma. Hy en Cheryl Carolus, ANC-veteraan en gewese voorsitter van die Suid-Afrikaanse Lugdiens, is getroud.

Enigiemand met inligting wat die polisie in hul ondersoek kan help, word versoek om die ondersoekbeampte, speursers. Kevin Kok, by 064 352 5493 of die Stopmisdaadnommer, 08600 10111, te bel.

Meer oor:  Aubrey Jackson  |  Rosalie Bloch  |  Kaapstad  |  Rondebosch  |  Wes-Kaap  |  Moord  |  Rooftog
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.