Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Gruvonds: 14 lyke in wit sakke langs Orkney-pad
Lede van die polisie se forensiese afdeling Dinsdag op die toneel waar die lyke langs die Ariston-pad gevind is. Foto: SAPD
Die polisie Dinsdag op die toneel waar lyke langs ’n pad in Orkney gevind is. Foto: SAPD

Altesame 20 lyke van vermoedelik onwettige mynwerkers is Maandagaand en Dinsdagoggend in die Orkney-omgewing ontdek.

Die polisie het Dinsdag omstreeks 11:00 ’n oproep gekry nadat 14 lyke in wit sakke langs die Ariston-pad gekry is.

Volgens brig. Sabata Mokgwabone, polisiewoordvoerder in Noordwes, is vyf lyke Maandagaand naby ’n ventilasieskag van skag 6 by die ou Orkney-myn gekry. Die ventilasieskag is naby die Lourenspark-woonbuurt in Orkney. “ ’n Sesde lyk is Dinsdag ook daar ontdek,” sê Mokgwabone.

Hy het Dinsdagmiddag laat telefonies van die toneel waar die lyke langs die Ariston-pad gevind is, gesê baie aspekte is nog onduidelik. “Dis nie seker wanneer die mense dood is nie, maar hulle is vermoedelik zama-zamas. Die polisie se forensiese afdeling het die lyke weggeneem vir lykskouings sodat onder meer die oorsaak van hul dood bepaal kan word.”

Die Klerksdorp Record het in ’n plasing op die koerant se Facebook-blad geskryf die onwettige mynwerkers het moontlik gesterf in ’n gasontploffing omtrent drie weke gelede in die myn. Die polisie kan dit egter nog nie bevestig nie.

Onwettige mynbedrywighede, veral by skag 6, vier hoogty in Orkney sedert die myn daar ’n paar jaar gelede toegemaak het.

Meer oor:  Mynwerkers  |  Onwettige Mynwerkers  |  Gruvonds  |  Zama-Zamas
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.