Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Haar dood was ‘baie lelik’, sê vrou oor lyk in sement

Sy kan nie haar suster se moord ongedaan maak nie, maar kan net hoop dat haar dood vinnig was, het Margaret Pearson, jonger suster van Loraine Davie (80) van Brakpan, gesê.

Loraine Davie (80) is vermoor en haar lyk is in ’n drom met sement versteek.

Davie is by haar huis aan die Oos-Rand vermoor, waarna haar lyk in ’n drom vol sement versteek is.

Volgens die polisie se inligting is sy vermoedelik met ’n kussing versmoor.

Haar seun, Robert (54), en ’n 17-jarige vriend is op 8 Junie in verband met die moord in hegtenis geneem nadat die polisie inligting ontvang het dat sy ma dalk vermoor is en nie vermis is soos wat hy haar op 4 Junie aangemeld het nie.

Die polisie moes Maandag glo die drom met die sement oopsny om die lyk uit te kry.

“Dit was ’n baie lelike dood. Mag die skuldiges net so in ’n drom vrot, met net die kop wat uitsteek.”

Pearson is seer en kwaad, want haar sielsgenoot is vermoor – en na bewering deur haar eie seun.

Haar hart breek omdat sy bevrees is dat sy dalk nie haar suster se roudiens sal kan bywoon nie.

“Ons het Maandag – daardie éinste Maandag wat haar lyk gekry is – uit Dubai geland en is in kwarantyn in Johannesburg,” het Pearson verduidelik.

Arisa Janse van Rensburg het vroeër berig dat Robert en sy minderjarige vriend Woensdag in die landdroshof in Brakpan op ’n aanklag van moord verskyn het.

Robert bly in aanhouding en die seun is in ’n voog se sorg vrygelaat.

Robert Davie. Foto: Facebook

Nadat hy sy ma as vermis aangegee het en die polisie hom ondervra het, het die polisie sy ma se lyk in die huis se agterplaas gevind.

Kapt. Kay Makhubele, ’n polisiewoordvoerder in Gauteng, het gesê hulle vermoed dat sy op dieselfde Donderdag vermoor as toe sy as vermis aangemeld is.

Volgens Makhubele is haar lyk vermoedelik toe die naweek in ’n klein drom met sement versteek.

Die verband tussen Robert en die seun is nie bekend nie en niemand in Davie se kringe was bewus van hom nie. Hulle vermoed dit is een van Robert se vriende. Volgens Pearson is Robert werkloos.

Sy het gesê omdat sy en haar man in KwaZulu-Natal woon, het sy en Davie daagliks per selfoonboodskappe gesels.

“Die Sondag voordat sy weggeraak het, het sy nog gesê sy wag vir Robert om huis toe te kom vir ete. Hy het altyd net verdwyn uit die huis uit. Soms dae lank. Soms weke lank. Altyd na sy tjommies toe.

“Loraine het altyd na ander gekyk, soos die 94-jarige tannie by wie sy gereeld gaan kuier en in die huis gehelp het.

“Haar lyk is nog by die polisie en daar is reisdokumente wat bekom moet word vir mense wat die diens wil bywoon.

“Ons gaan wel Saterdag om 15:00 ter nagedagtenis aan haar blomme voor haar huis neersit,” het hy gesê.

* ’n Roudiens sal op 20 Junie om 12:00 in die Ou Apostoliese kerk in Brakpan gehou word.

Meer oor:  Loraine Davie  |  Margaret Pearson  |  Brakpan  |  Vrou Vermoor  |  Drom  |  Sement
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.