Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Halfmiljoen rand se dwelms in Potch-huis gevind

Die Valke in Noordwes het Maandag nog gesoek na ’n man in wie se woonplek in Potchefstroom meer as R500 000 se dwelms gevind is.

Kapt. Tlangelani Rikhotso, woordvoerder van die Valke in Noordwes, sê die man huur ’n kamer waarin die dwelms Vrydag gevind is. Die polisie se honde- en berede eenheid het die Valke bygestaan toe hulle op die huis in Sol Plaatjie-straat toegeslaan het.

“In een van die agterste kamers wat uitverhuur word, is glo ’n verskeidenheid dwelms soos kokaïen, dagga en tik, sowel as alkohol en R8 000 kontant gevind.”

Volgens Rikhotso is verskeie dokumente, insluitend pryslyste van die dwelms en drank, ook daar gekry.

Sy sê daar is op die drank beslag gelê omdat die verkoop daarvan onwettig was ingevolge die regulasies van die vlak 4-inperking wat nog Vrydag gegeld het.

Van die dagga waarop die Valke in Potchefstroom beslag gelê het. Foto: Verskaf
So is van die dwelms by ’n blyplek in Potchefstroom geberg. Foto: Verskaf
Die dwelms in die gehuurde kamer in Potchefstroom is in afsonderlike pakkies verpak. Foto: Verskaf
Die Valke het ook beslag gelê op duur drank wat in die gehuurde kamer in Potchefstroom was. Foto: Verskaf
Meer oor:  Dwelms  |  Misdaad  |  Valke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.