Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Hansie-tussenganger uitgelewer oor wedstryd-knoeiery

Sanjeev Chawla, die 52-jarige sakeman wat verbind word met die Hansie Cronjé-krieketwedstrydknoeiery-skandaal, gaan deur die Britte aan Indië uitgelewer word, waar hy op aanklagte van korrupsie tereg sal staan.

Hansie Cronje. Foto: Getty Images

Cronjé, wat in 2000 as ’n bedrieër ontmasker is wat geld by beroepswedders neem, het destyds vertel hoe hy Chawla vir die eerste keer in ’n Durbanse hotel ontmoet het.

Volgens die Indiese polisie bestaan daar opnames van die gesprekke tussen Cronjé en Chawla.

MailOnline berig dat Chawla daarvan beskuldig word dat hy ’n tussenganger tussen Cronjé en beroepswedders was.

Chawla, wat sedert 1996 in Londen woon, het die geveg teen sy uitlewering verloor toe die hooggeregshof beslis het dat hy na Indië moet terugkeer om verhoor te word.

Die polisie in Delhi sal na verwagting na Londen reis om Chawla aan te keer. Hy behoort teen 20 Februarie aan Indiese owerhede uitgelewer te word.

Chawla is in 2016 in Londen in hegtenis geneem, maar ’n hof in Westminster het in 2017 beslis dat sy veiligheid in ’n Delhi-tronk, waar hy in aanhouding sou wees, nie gewaarborg kon word nie. Die Indiese owerhede het teen dié beslissing geappelleer.

Volgens die MailOnline-berig woon Chawla, sy vrou en hul twee seuns die afgelope tien jaar in ’n huurhuis van £1 miljoen in die noorde van Londen. Hy is aan die stuur van ’n spysenieringsonderneming.

Cronjé is in 2002 in ’n vliegongeluk dood. - Sport24

Meer oor:  Hansie Cronjé  |  Indië  |  Suid-Afrika  |  Brittanje  |  Knoeiery  |  Wedstrydknoeiery
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.