Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Hart net-net gemis toe leerling met mes gesteek word

’n Gr. 12-leerling (17) wat Maandag ’n gr. 10-leerling (19) by die John Ramsay High School in Bishop Lavis, Kaapstad, met ’n skerp voorwerp gesteek het, het ná die voorval glo oor die skool se heining gespring en huis toe gehardloop.

Die voorval het omstreeks 12:30 in die skool se tweede pouse plaasgevind. Die gr. 10-leerling is net onder sy hart gesteek.

Die meswond wat die gr. 10-leerling opgedoen het nadat hy glo deur ’n ander leerling van die John Ramsay High School in Bishop Lavis gesteek is.

Jessica Shelver, woordvoerder van die Wes-Kaapse LUR vir onderwys, het die voorval Maandagmiddag bevestig.

Sy sê die skoolhoof het die voorval ook bevestig.

“Die gr. 12-leerling het die gr. 10-leerling in sy ribbes met ’n mes gesteek,” sê Shelver.

Sy sê dat die gr. 12-leerling daarna oor die skool se heining gespring en huis toe gehardloop het.

“Die slagoffer is na ’n hospitaal geneem en is in ’n stabiele toestand. Ons is ingelig dat die slagoffer se ouers ’n klag teen die beweerde oortreder ingedien het.”

Sy sê ook dat die skoolhoof die voorval ondersoek en dat daar tugoptrede sal volg.

Kapt. Frederick van Wyk, polisiewoordvoerder, het bevestig dat die slagoffer se ouers ’n klag by die polisie ingedien het.

Meer oor:  Bishop Lavis  |  Leerling  |  Messteek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.