Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Hartswater-aanval: Een slagoffer se lyk gekry

Die lyk van een van die vermiste vroue van die Brand-gesin is vroeg Dinsdagoggend met die hulp van ’n hommeltuig opgespoor.

Marius Müller, nasionale operasionele koördineerder vir Afriforum, sê die lyk van die vrou is opgespoor nadat vier verdagtes laat Maandagaand in hegtenis geneem is.

Dit is vermoedelik die lyk van Elzabie Brand wat opgespoor is.

’n Massiewe soektog is laat Maandagmiddag na Danie Brand (83), sy vrou Breggie (73) en hul dogter Elzabie (54) begin nadat vriende van die gesin gaan ondersoek instel het nadat die gesin nie telefonies bereik kon word nie.

Elzabie, Breggie en Danie Brand. Foto: Verskaf

Hulle het dadelik onraad vermoed toe hulle die huis in chaos aangetref en bloed in die huis gesien het.

Die gesin se motors was ook weg.

Danie se motor is kort nadat die soektog begin is in ’n woonbuurt naby Taung opgespoor.

Elzabie se motor is Maandag omstreeks 23:00 net duskant Pudimoe op die N18 voorgekeer.

Volgens die Vaalharts-gemeenskapveiligheidseenheid (VGE) is vier verdagtes in hegtenis geneem en ondervra.

Een van die verdagtes, ’n vrou, wat saam in die motor was, is vermoedelik nie by die voorval betrokke nie.

Die lyk wat gekry is, is vermoedelik die van Elzabie Brand. Hier is sy in haar jonger dae. Foto: Facebook

Daar word glo na nog ’n verdagte gesoek.

Volgens die VGE het die verdagtes aan die polisie uitgewys waar Elzabie se lyk in die omgewing van Buxton naby Taung teen die Ghaapse-berg gevind kon word.

Volgens die VGE het die verdagtes aangedui dat Danie en Breggie se lyke glo verder in dieselfde gebied agter ’n bos met takke toegepak is.

Die gebied is egter uiters ruig en die terrein is moeilik begaanbaar.

Die omstandighede het veroorsaak dat soekspanne nie in die donker kon voortgaan om na die egpaar te soek nie. Hommeltuie is reeds vroeg vanoggend gebruik om in die soektog na die egpaar te help.

Soekspanne van die VGE en die Afriforum-buurtwag het met sonsopkoms in die soektog gehelp.

Sodra meer inligting beskikbaar is, sal dit bygewerk word.

Meer oor:  Elzabie  |  Hartswater  |  Hartswater-Aanval  |  Misdaad  |  Rooftog  |  Hoewe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.