Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Hartswater: Iets anders aan dié aanval, sê inwoner

Die lyke van die Brand-egpaar, Dan (83) en Breggie (73), is sowat 500 m uitmekaar gevind.

Hulle is meer as 1 km van waar hul dogter, Elzabie (54), se lyk uitgewys is, gekry.

Fanie Engelbrecht, 'n boer van Hartswater, sê die polisie het hulle uitstekend van hul taak gekwyt. Foto: Anena Burger

Volgens brig. Mohale Ramatseba, polisiewoordvoerder, het die egpaar steekwonde aan hul koppe gehad.

Elzabie is ook met steekwonde en beserings aan haar gesig en kop gevind.

Ramatseba sê ’n nadoodse ondersoek sal Donderdag op die drie gesinslede uitgevoer word.

’n Somber atmosfeer het Woensdag in die Vaalharts-omgewing geheers. Die gruwelike moorde het steeds inwoners se gesprekke oorheers.

“Hier is iets anders aan dié aanval,” sê Fanie Engelbrecht, ’n boer van die omgewing.

Engelbrecht sê hoewel plaasaanvalle in die gebied niks vreemd is nie, is die inwoners geruk deur dié gruwelike daad en omdat dit helder oordag gebeur het.

“Dit was onverwags. Ek kan jou sê dat die inwoners van dié streek uiters paraat is, want saans as die son sak verander die plek in ’n ander wêreld.”

Hy sê daar is verskeie veiligheidsgroepe wat patrollies doen en altyd gereed is om te help waar nodig.

“Hier slaap ons met alarmtoestelle en die nodige beskerming langs jou bed sodat jy betyds iemand in kennis kan stel as jy in die moeilikheid is.”

Hier slaap ons met alarmtoestelle en die nodige beskerming langs jou bed sodat jy betyds iemand in kennis kan stel as jy in die moeilikheid is.

Engelbrecht se pa was jare gelede een van die eerste slagoffers van ’n plaasaanval in die omgewing.

Hy sê met die inperking voel gesinne meer weerloos. “Jy kan nie vriende oornooi nie en het geen verweer as jy saam met jou gesin braai en vier gewapende oortreders stap by jou hek in om jou aan te val nie.”

Hy het groot lof vir die polisie wat Maandagaand onmiddellik op die noodoproepe van Stephen Bennie gereageer het.

“Dit was iets om te aanskou hoe hulle die N18 sonder om te verduidelik net toegemaak het. Daar was ’n helikopter in die lug en hulle was oral sigbaar.”

Die huis van Dan en Breggie Brand. 'n Polisielint was die enigste omheining en herinnering aan die grusame toneel waar die gesin aangerand is voordat hulle ontvoer is. Foto: Anena Burger

Engelbrecht sê die samewerking tussen die polisie en gemeenskapsveiligheidsgroepe was uiters doeltreffend.

Intussen het boere van die omgewing en lede van die Vaalharts-landbou-unie ’n massaoptog vir Donderdagoggend beplan wanneer die vyf verdagtes wat vir die moorde op die Brand-gesin in hegtenis geneem is, elk op drie aanklagte van moord, ontvoering en motordiefstal in die landdroshof in Hartswater sal verskyn.

Boere van Magagong, Hartswater, Jan Kempdorp en Tadcaster sal om 08:30 reeds byeenkom en in protes en om borgtog teen te staan in ’n konvooi om die hof en polisiestasie ry. Om aan die regulasies van die Wet op Rampbestuur te voldoen sal daar slegs twee persone, met hul maskers aan, in ’n voertuig wees.

Die Vaalharts-landbou-unie sê die konvooi sal teen ’n spoed van 20 km per uur beweeg.

Die Brand-egpaar se jongste dogter, Heidie Taljaard, en haar man, Wikus, het ook Woensdag in Hartswater aangekom.

Meer oor:  Breggie Brand  |  Danie Brand  |  Hartswater  |  Hartswater-Aanval
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.