Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Hartswater: Inbrekers hang hond glo aan boom op

Die polisie ondersoek ’n inbraak Maandagaand by ’n kerk in Hartswater, waarna ’n hond aan ’n boom in ’n veld daar naby opgehang is en ’n tweede dooie hond in sak gekry is.

Die karkas van die tweede hond was in ’n wit sak by gesteelde goedere in die veld.

Volgens Johan Stoltz, bevelvoerder van die Eenheid vir Gemeenskapsveiligheid (GVE) in Hartswater en omstreke, was die inbraak vermoedelik Maandagaand by die Volle Evangelie-kerk in Korhaansingel.

“Ek verstaan ’n klankstelsel en ander goed is uit die kerk gesteel. Die inbrekers het egter nie ver gekom nie en die goed in ’n veldjie naby die kerk versteek.”

Volgens Stoltz is die honde vermoedelik doodgemaak omdat hulle die inbrekers gepla het.

“Daar is gedurig ouens wat rondbeweeg in die nag.

Soms voel hulle bedreig en los die gesteelde goed iewers en maak hulle uit die voete uit.”

Dit is onbekend aan wie die honde behoort het.

Mario van der Westhuizen, ’n inspekteur van die Dierebeskermingsvereniging in Kimberley, sal Donderdag na Hartswater gaan om ondersoek in te stel.

Volgens kapt. Olebogeng Tawana, ’n polisiewoordvoerder, is niemand nog in verband met die voorval aangekeer nie.

Meer oor:  Hartswater  |  Misdaad  |  Boom  |  Inbraak  |  Hond
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.