Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Hartswater-moorde haal oorsese media

Die media in die buiteland berig nou wyd oor die plaasmoorde in Suid-Afrika, wat die driedubbele plaasmoord vandeesweek op die twee bejaardes en hul dogter van Hartswater in die Noord-Kaap insluit.

Die Britse Daily Mail het Dinsdag oor die ontvoering en moorde berig, waarin News24 asook AfriForum aangehaal word.

Die berig oor die Brand-egpaar, Danie en Breggie, en hul dogter Elzabie is 2 700 keer op sosiale media gedeel.

Hierdie foto van Breggie Brand het vandeesweek in die Britse Daily Mail verskyn. Sy is oorspronklik van Milton Keynes naby Londen en het as kind saam met haar gesin na Suid-Afrika geëmigreer. Foto: Facebook

Die joernalis Jamie Pyatt skryf dat Hybrecht (of Breggie soos sy genoem was) oorspronklik afkomstig was van die dorpie Milton Keynes naby Londen, waar sy as kind ’n leerling aan The Grove Independent School was. Sy het later saam met haar ouers na Suid-Afrika verhuis en haar skoolloopbaan hier voltooi.

Die BBC en Australiese ABC News berig ook gereeld oor die plaasmoorde in Suid-Afrika.

Intussen het ’n Amerikaner ’n kort dokumentêr oor plaasaanvalle en -moorde in Suid-Afrika gemaak en dit Woensdag op YouTube uitgereik.

Daarin praat Eileen de Jager van die onderneming Bloedsusters, wat misdaadtonele opruim, oor die tonele ná hierdie aanvalle en die wreedheid wat daarmee gepaardgaan.

Die dokumentêr is ook onlangs in Italië met onderskrifte in Italiaans op televisie gewys.

De Jager sê as ’n mens dink aan die ergste flieks wat al ooit in die geskiedenis gemaak is, kom die geweld daarin nie eens naby dié van plaasaanvalle nie.

Hoewel sy weens sensitiewe inligting en die feit dat sy baie nou saam met die regering werk, nie kan bespiegel oor die redes vir die aanvalle nie, skryf sy 90% van die aanvalle toe aan werkloosheid en “rassediskriminasie” (hoewel sy nie daarop wou uitbrei nie) en die feit dat daar eenvoudig geen hoop is nie.

Tinnie Jooste van Polokwane is een van talle mense wat kommentaar gelewer het onderaan die video op YouTube.

“Die EFF is agter hierdie verskriklike aanvalle en die regering gee nie eens om nie. Selfs die Amerikaanse ambassadeur, Lana Marks, sal nie hieroor berig aan Trump nie, want sy verdedig die ANC. Gister was daar vier moorde. Dit raak erger. Boere kry geen beskerming nie en ons regering is korrup!”

Meer oor:  Breggie Brand  |  Danie Brand  |  Elzabie  |  Hartswater  |  Moorde  |  Dekking  |  Internasionaal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.