Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Hawelose man gesoek vir moord op bejaarde
Die polisie in Limpopo soek na die man wat as Thamsanqa bekend staan vir die moord op Jakkie Grobler (80) wat in die Koraal-aftreeoord vermoor is. Foto: Verskaf

’n Hawelose man wat in ’n beboste gebied naby die Koraal-aftreeoord in Polokwane gebly het, word deur die polisie gesoek vir die moord op ’n bejaarde inwoner.

’n Reuse-soektog is Vrydag begin na die man wat glo betrokke was by die moord Sondagaand op Jakkie Grobler (80).

Dit is nog ’n raaisel hoe die man by die aftreeoord in Suidstraat, wat ’n elektriese heining, veiligheidswagte en ’n alarmstelsel het, ingekom het.

Netwerk24 verneem van ’n onberispelike bron dat vingerafdrukke wat in Grobler se huis gekry is, glo ooreenstem met die man s’n.

Grobler het Vrydag haar 80ste verjaardag gevier en is Sondagaand by haar huis deur haar vriend, Frans du Randt (70), afgelaai nadat hulle die naweek in Hoedspruit by familie gekuier het.

Sy het dieselfde klere as Sondag aangehad toe daar Maandag om 11:00 op haar bebloede lyk op haar bed afgekom is. ’n Selfoon en ’n skootrekenaar is gesteel.

Nkakakreng Rakgoale, LUR vir maatskaplike ontwikkeling, het Vrydag die aftreeoord besoek.

“Mens kan sien die inwoners is geskok oor die moord en hulle is bang. Die polisie sal hom in hegtenis neem en vasstel hoe hy toegang tot die aftreeoord gekry het,” het Rakgoale gesê.

Dewald Hattingh, bestuurder van die Koraal-aftreeoord, sê die veiligheidstelsel word voortdurend opgradeer nadat ’n vrou in 2018 in haar huis in die aftreeoord erg aangerand is. Daar was vroeër vanjaar ook ’n vlaag inbrake waar elektroniese ware uit huise gesteel is terwyl inwoners geslaap het.

’n Roudiens word Woensdag om 11:00 in die aftreeoord vir Grobler gehou.

Brig. Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder in Limpopo, sê enigiemand met inligting oor waar die man is, wat as Thamsanqa bekend staan, kan brig. James Espach by 082 576 0743 of oudkol. Gawie Louwrens van Bosveld Misdaadondersoeke (BMO), wat die polisie met die soektog help, bel.

Meer oor:  Polokwane  |  Jakkie Grobler  |  Vermoor
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.