Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Heilsleer in nood weens vandalisme en inbrake

Die Heilsleer se Carehaven, ’n plek van veiligheid in Kaapstad, sê die inwoners is getraumatiseer en ernstige skade is die afgelope drie weke in inbrake aangerig.

Kapt. Miranda Lang, administrateur, sê die inwoners en hul kinders was “histeries tydens die inbrake. Die inwoners kom uit gebroke huise waar gesinsgeweld gedy.

“Die boewe het deur die spensvenster toegang verkry, by die inloopvrieskas ingebreek en die geslote hok waarin gasbottels gehou word, gebreek. Hulle het ook messe gesteel en pype en krane uit die mure gebreek.”

Drie weke gelede is daar ook by die vroeë kinderontwikkelingsgedeelte ingebreek.

Ons is ’n organisasie wat geldelik sukkel om kop bo water te hou, en dan teiken vandale en diewe ons boonop.
Miranda Lang

Carehaven gee opleiding in die gebruik van rekenaars en naaldwerk aan inwoners om aan hulle hoop vir die toekoms te gee. Daar is ook ’n klein kindersorgsentrum op die perseel.

“Die mishandelde vroue is gebroke en sonder selfvertroue as hulle hier aankom. Ons help om hulle op te bou en werk te vind. Dit verg in die meeste gevalle die uiterste wilskrag en moed om van hul situasie te vlug en by ons aan te klop.

“Die skade en die sekondêre trauma weens die inbrake aan die inwoners is betreurenswaardig.”

Maj. Carin Holmes, sekretaris, sê hul taak is om mense te heel.

“Ons is geskok oor die boewery. Ons is ’n organisasie wat geldelik sukkel om kop bo water te hou, en dan teiken vandale en diewe ons boonop.”

Sy versoek hulp van die publiek en sakegemeenskap om veiligheidsdienste aan die skuilplek te verskaf.

Mense kan haar by 011 718 6745 bel of ’n e-pos aan carin.holmes@saf.salvationarmy.org stuur.

Meer oor:  Inbrake  |  Vandalisme
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.