Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Helde geloof ná hulle rowers agternasit

Twee mans van Nelson Mandelabaai wat gewapende rowers agternagesit het toe hulle ’n voetganger van haar selfoon beroof, is Maandag vir hul heldedaad geloof.

Hy het hulle aanhou jaag terwyl die bestuurder hom in sy motor by die jaagtog aangesluit het.

Kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, sê danksy die mans se heldedaad kon die polisie die vrou se selfoon terugkry, en hulle het op ’n vuurwapen beslag gelê.

Die voorval het Sondag om 16:10 in die Mountweg-polisiëringsgebied gebeur toe die 25-jarige vrou van haar selfoon beroof is.

Volgens die klaagster het die mans haar by die kruising van Harrower- en Mountweg met ’n vuurwapen gedreig.

Hulle het haar selfoon gegryp en laat spaander. Sy het begin skree en kon die mans wat in die motor verbyry, aftrek.

Ons is dankbaar dat onskuldige mense nie seergekry het nie

Sy het hulle vertel dat sy beroof is.

“Die 18-jarige man het die verdagtes sien vlug en het hulle agternagesit. Die verdagtes het skote op hom geskiet.

“Die bestuurder het een van die verdagtes raakgery. Die verdagte het beserings opgedoen en is vir behandeling hospitaal toe gebring. Hy is daarna ontslaan en in die polisie se sorg geplaas,” sê Naidu.

Die 25-jarige man wat vasgetrek is, is van Zwide. Hy word aangehou op aanklagte van poging tot moord, gewapende roof en die onwettige besit van ’n vuurwapen en ammunisie.

Volgens Naidu is die moontlikheid groot dat die polisie binnekort die tweede verdagte ook gaan aankeer.

Genl.maj. Thembisile Patekile, polisiekommissaris van die Nelson Mandelabaai-distrik, het die twee mans vir hul optrede geloof.

Hy sê hoewel mense nie hul oë moet toemaak vir misdade wat in die openbaar plaasvind nie, moet hulle tog versigtig wees as hulle verdagtes nader.

“Misdadigers is dikwels gewapen en skroom nie om hul misdaad te voltooi nie. Ons is dankbaar dat onskuldige mense nie seergekry het nie.”

Die vuurwapen waarop die polisie beslag gelê het, is nie as gesteel aangemeld nie.

Meer oor:  Polisie  |  Selfoondief  |  Nelson Mandelabaai
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.