Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Help asb! vra gesin van ontvoerde sakeman
Liyaqat Parker

Die familie van Liyaqat Parker (65), die ontvoerde Kaapse sakeman, het Dinsdag die gemeenskap om hulp gevra.

Die familie vra dat enigeen met inligting oor die voorval met konst. Chesron de Vries, die ondersoekbeampte, by 082 493 8472 in verbinding sal tree.

Parker, hoofstigterslid van die Foodprop Group (FPG), is Maandag kort ná 08:00, net nadat hy by sy hoofkantoor in Parow opgedaag het, deur vyf mans in ’n silwer Toyota Hilux-bakkie ontvoer.

Sy familie sê in ’n verklaring wat deur Waleed Parker, hul woordvoerder, uitgereik is dat Parker se gesondheid nie baie goed is nie. Hulle vra dat die mense wat hom ontvoer het, hom asseblief ongedeerd vrylaat voordat sy gesondheid verder verswak.

Die polisie sê die ondersoek duur voort.

Meer oor:  Liyaqat Parker  |  Sakeman  |  Ontvoer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.