Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Help polisie, pleit Yolandi Botes se familie
Yolandi Botes (35) en haar man, Wietzue Botes. Volgens Mariska Oosthuizen, ’n suster van Yolandi, was die nuus van Yolandi se dood ’n harde slag vir Wietzue. Foto: Facebook/Wietzue Botes

’n Hartroerende pleidooi is Dinsdag aan die hele Suid-Afrika gerig om te help in die moordondersoek van Yolandi Botes.

Pixie Pink van Krugersdorp, ’n aktivis vir vroue- en kinderslagoffers, het Dinsdagaand met Mariska Oosthuizen, ’n suster van Botes, gepraat.

Die onderhoud is regstreeks op Pink se Facebookblad uitgesaai.

“Sy (Botes) is op ’n lelike manier dood, maar dalk kan daar iets moois van kom,” het Oosthuizen gesê.

Die 35-jarige Botes het op 26 April vermis geraak toe sy van George na Johannesburg gereis het om haar drie dogters uit ’n vorige huwelik te besoek.

Die laaste keer dat sy lewend gesien is, was toe sy uit die O.R. Tambo-lughawe in Kempton Park gestap en in ’n motor geklim het.

Pixie Pink (links) voer Dinsdagaand ’n onderhoud met Mariska Oosthuizen, ’n suster van die vermoorde Yolandi Botes (35), wat nege dae lank vermis was. Foto: Facebook/Pixie Pink

Oosthuizen sê die familie het na Botes begin soek “omdat niemand hulle rêrig wou help nie”.

“Ek kan nie verstaan hoe iemand iets so wreeds kon doen aan iemand wat so ’n goeie mens was nie,” het Oosthuizen gesê.

Sy en Pink het ’n beroep gedoen op die publiek om die polisie te kontak indien hulle enigiets opgemerk het wat kan help in die ondersoek.

“Al is dit iets kleins vir jou – dit kan dalk net die saak wyd oopbreek. Bel asseblief die polisie,” het Pink gesê.

Oosthuizen het ook ’n beroep gedoen vir die land om saam met haar en die res van die familie in gebed te staan.

“Ons bid dat ons antwoorde sal kry en geregtigheid sal geskied vir Landi,” sê Oosthuizen.

* KYK: Video wys gas in kappietop buite bloederige kamer

Geld ingesamel vir Yolandi se familie

Verskeie fondse is teen Dinsdag op die been gebring om die familie van die vermoorde Yolandi Botes (35) by te staan.

Geld word onder meer ingesamel om ’n private speurder aan te stel om met die moordondersoek te help.

Die familie probeer nou te midde van die moordondersoek ook om ’n begrafnis vir Botes te reël.

Hiervoor is daar ook ’n insameling begin op die groep Justice for Yolandi Botes op Facebook. Die finale begrafnisreëlings moet nog bekend gemaak word.

Daar sal wel Saterdag ’n kranslegging en massagebed vir Botes by haar ouerhuis gehou word.

Haar familie het ’n beroep gedoen op almal wat omgee om die geleentheid te ondersteun.

“Ons moet begin opstaan vir ons geliefdes. Hulle verdien geregtigheid,” het Oosthuizen aan Netwerk24 gesê.

Meer oor:  Yolandi Botes
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.