Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Hennie’s kry drank terug, beplan klag oor arrestasie

Die Hennie’s-sportkroeg en -restaurant in Moreleta Park, Pretoria, beplan om ’n saak van onregmatige inhegtenisneming aanhangig te maak ná ’n insident met die polisie by die kroeg Vrydag 22 Januarie.

Atrayo Nolte, hoofbestuurder, is op die dag deur beamptes van die Garsfontein-polisie in hegtenis geneem en daar is op derduisende rande se drank beslag gelê.

Atrayo Nolte, hoofbestuurder van die Hennie’s-sportkroeg en -restaurant in Moreleta Park, Pretoria. Foto: Deaan Vivier

Die beamptes het Nolte in hegtenis geneem omdat daar na bewering alkohol by die kroeg bedien is, maar hy en Werner Pretorius, eienaar van die franchise, ontken dit.

Hulle sal volgende week voortgaan met die saak van onregmatige inhegtenisneming, sê Alet Uys, Pretorius se regsverteenwoordiger.

Hulle het byna ál die drank waarop daar beslag gelê is, teruggekry, sê Uys.

“Twee bottels whisky, wat geseël was, is oopgemaak en daar is ’n hele lot van die alkoholvrye gin-en-tonic-drankies wat glo weggestuur is vir toetse in ’n laboratorium.”

Volgens Uys is Nolte, wat agt uur ná sy inhegtenisneming vrygelaat is, en Pretorius uitgeput ná die voorval en wil hulle nou op verdere regstappe fokus.

“Dit was ’n baie stresvolle tyd, maar Werner is baie verlig,” sê Uys.

Voorheen is berig dat twee kliënte verlede Vrydag kort ná oopmaaktyd alkoholiese drankies bestel het. Hulle is meegedeel dat geen drank bedien word nie.

Albei het toe ’n Castle Free en alkoholvrye jenewer bestel en gevra: “Make it nice.” Nolte het gesê die “drankies” is skaars voorgesit of twee polisiemanne verskyn by die deur.

Dit was ’n baie stresvolle tyd, maar Werner is baie verlig
Alet Uys, regsverteenwoordiger

“Waar is die drank?” is al wat hulle wou weet of in belang gestel het, sê Pretorius en Nolte. Hulle het ook aan die kliënte se drankies gaan ruik en was oortuig daarvan dat dit alkohol bevat.

Die Garsfontein-polisielede het glo op die drank (ter waarde van R112 000) beslag gelê. Die restaurant se vol bottels drank is vir die duur van die derde drankverbod in ’n stoor toegesluit.

Die bottels wat halfvol is, is in ’n tweede stoor toegesluit en die niealkoholiese drankies is agter die kroegtoonbank gebêre. Net die vol bottels, met sekere van die niealkoholiese drankies, is “vir toetse” saamgeneem.

Pretorius sê die beamptes het Nolte opdrag gegee om saam te kom na die polisiekantoor om ’n verklaring te onderteken, waarna hy in hegtenis geneem is en eers agt uur later op borgtog van R2 000 vrygelaat is.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.