Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Hermanus: Inwoners met sinkplate, klippe takel polisie
Een van die oproeriges in Thabo Mbekistraat in Zwelihle swaai 'n kat in die rondte wat oomblikke daarna in dié vuur gegooi is, om die polisie in aantog uit te tart. Foto: MC Botha
Klippe reën neer op polisielede wat die woedende skare in toom probeer hou. Foto: MC Botha
'n Rookbom word na die polisie teruggeslinger. Foto: MC Botha
Klipgooiers spat uitmekaar terwyl die polisie in aantog is. Op die agtergrond brand die herwinningsaanleg wat in die namiddag aan die brand gesteek is.

Honderde inwoners gewapen met klippe en sinkplate het Donderdag op die strate van Zwelihle in Hermanus toegesak.

Hulle het sinkplate gebruik as skild teen die rubberkoeëls wat die polisie afgevuur het en klippe gegooi.

Klippe, motorbande en winkeltrollies is gebruik om al die paaie te versper, insluitende die R43.

Schulphoekpad naby die Whale Coast-winkelsentrum het soos ’n oorlogsone gelyk toe inwoners en die polisie slaags geraak het. Dit is die derde dag van onlus in die gebied.

Tonele van die betoging vandag in Mbekistraat. Foto: Bianca du Plessis/Hermanus Times
Walkerbay Recycling in Hermanus is ook aan die brand gesteek. Foto: Bianca du Plessis/Hermanus Times

Jaco Marais, fotograaf van Netwerk24, sê die situasie is plofbaar en ekstra versterkings word ingeroep.

Die polisie is Woensdag met klippe bestook toe hulle die skare probeer toespreek het.

Polisiebeamptes het betogers met rubberkoeëls en traangas probeer verjaag en 17 mense in hegtenis geneem.

Theron Mqu, woordvoerder van die gemeenskapsorganisasie Zwelihle Renewal, het aan News24 gesê inwoners betoog nie meer oor grond nie. Hulle eis dat Gcobani Ndzongana van dié organisasie vrygelaat word.

Die betogings het Dinsdag begin nadat ’n versoekskrif aan die polisie oorhandig is waarin gevra word dat die klagte teen Ndzongana teruggetrek word.

In daardie stadium het die polisie gesê hy word ondersoek, maar is nog nie aangekla nie.

Donderdagoggend het Netwerk24 berig dat hy intussen wel in hegtenis geneem en aangekla is weens aanhitsing tot geweld en saakbeskadiging die afgelope naweek.

Mqu het aan News24 gesê Ndzongana het iets op Facebook geplaas wat beskou kan word as ’n oproep tot optrede nadat ’n heining opgerig is in Schulphoek sonder dat die gemeenskap gekonsulteer is. - News24

Meer oor:  Zwelihle  |  Hermanus  |  Sinkplate  |  Betogings  |  Klippe  |  Polisie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.