Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Hermanus: Kaalnaeler gooi bejaarde met klip

’n Kaalnaeler, met die polisie en private veiligheidswagte op sy spoor, het Dinsdag in Voëlklip, Hermanus, ’n bejaarde man met ’n klip teen die kop gegooi wat hom bewusteloos gelaat het.

Volgens Barry de Kock, ’n ooggetuie, het die bejaarde omstreeks die middaguur langs die hoofstraat gestap toe die kaalnaeler hom met die klip tref.

“Die klip was so groot soos ’n man se vuis. Dit het hom teen die kop getref en hy het vooroor geval, soos ’n lyk. Daar was baie bloed,” sê De Kock, ’n fietsryer wat in die omtrek was as deel van ’n bewusmakingsveldtog vir ’n reddingsentrum vir uile in Hartbeespoort.

Die man is op die toneel deur nooddienste behandel.

Die kaalnaeler was volgens De Kock vas op sy voete en het nie gelyk soos iemand wat onder die invloed van drank of dwelms was nie.

Die polisie sê die kaalnaeler is in hegtenis geneem en sal na verwagting Vrydag op aanklagte van aanranding met die doel om ernstig te beseer in die landdroshof op Hermanus verskyn.

Die polisie sê die bejaarde is na ’n plaaslike mediese gerief geneem ná die voorval.

Meer oor:  Hermanus  |  Voëlklip
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.