Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Hermanus: Kêrel slaan jong ma glo met hamer dood
Sinathi Magqazana is na bewering Saterdag deur haar kêrel met ’n hamer doodgeslaan. Dit het glo gebeur nadat die paartjie aan die stry geraak het. Foto: Facebook

’n Ma (23) van Hermanus is Saterdag na bewering met ’n hamer doodgeslaan en haar lyk is daarna glo in ’n vullissak voor haar kêrel se huis in die Marikana- informele nedersetting in Zwelihle, Hermanus, gelos.

Die hamer is glo ook langs Sinathi Magqazana se lyk gevind.

Khanyile Ramba (24), haar kêrel, is op dieselfde dag weens die moord op Magqazana in hegtenis geneem. Hy het Dinsdag in die landdroshof op Hermanus verskyn op aanklagte van moord en kwaadwillige saakbeskadiging.

Volgens die polisie is Magqazana – die ma van ’n driejarige – vermoor nadat daar glo ’n stryery tussen die twee ontstaan het.

Eric Ntabazalila, woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag in die Wes-Kaap, het Woensdag gesê die saak is tot 17 September uitgestel sodat ’n borgtogprofiel vir Ramba opgestel kan word.

Ao. Joseph Swartbooi, polisiewoordvoerder, vra dat mense met inligting oor die voorval die Stop Misdaadnommer, 0860 010 111, skakel.

Meer oor:  Sinathi Magqazana  |  Hermanus  |  Ma  |  Vullissak  |  Hamer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.