Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Heroïen op plase in KZN gekry
Die sakkies dwelms wat in een van die huise gekry is.Foto: SAPD

’n Groot hoeveelheid heroïen is in twee plaashuise naby Vryheid in KwaZulu-Natal gekry.

Die polisie het ’n klopjag in die die Mondlo-gebied uitgevoer nadat inligting ontvang is dat mense dwelms verkoop, volgens ’n verklaring wat deur kapt. Nqobile Gwala, provinsiale polisiewoordvoerder, uitgereik is.

Die polisie meen die heroin het ’n geskatte straatwaarde van R345 000Foto: SAPD

Volgens Gwala het die polisie by twee plaashuise wat deursoek is afgekom op sakkies dwelms en kontant.

“Drie verdagtes tussen die ouderdomme van 29 en 39 is in hegtenis geneem vir die besit van dwelms en dwelmhandel. Die geskatte waarde van die dwelms wat gevind is, is R345 000. Die R27 590 in kontant wat die polisie gekry het is vermoedelik die opbrengste van dwelms wat verkoop is.”

Die verdagtes het reeds Woensdag in die Nquthu-landdroshof verskyn.

Die kontant is glo die opbrengste van onwettige dwelmhandel.Foto: SAPD
Meer oor:  Gevind  |  Plaas  |  Heroïen
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.