Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Hiér is die meeste moorde in Gauteng gepleeg

Die Johannesburgse polisiedistrikte Johannesburg-sentraal, Hillbrow en Jeppe is die drie polisiedistrikte in Gauteng met die hoogste moordsyfer.

Sewe van die 30 polisiekantore in die land in wie se distrikte die meeste moorde in die boekjaar tot einde Maart aangemeld is, is in dié provinsie, wys die jongste misdaadsyfers wat die polisie Donderdagoggend in die parlement bekend gemaak het.

Die drie polisiekantore in wie se distrikte landwyd die meeste moorde gepleeg is – Nyanga (289), Delft (247) en Khayelitsha (221) – is almal in die Wes-Kaap.

Die hoogste moordsyfers in Gauteng lyk so:

  • Johannesburg-sentraal: 123 (32 meer moorde as in die vorige boekjaar)
  • Hillbrow: 111 (13 meer)
  • Jeppe: 111 (14 minder)

Ander polisiedistrikte in Gauteng wat onder die hoogste 30 in die land tel, is:

  • Ivory Park (Johannesburg): 106
  • Moroka (Soweto): 105
  • Kagiso (Wes-Rand): 102
  • Dobsonville (Soweto): 97
  • Orange Farm (tussen Johannesburg en Vanderbijlpark): 95.

In geheel is 4 495 mense in die afgelope boekjaar in Gauteng vermoor. Dit is 6,2% meer as in die vorige boekjaar.

Trompie Fleischman, familielid van ’n moordslagoffer, sê hy is dankbaar die polisie erken daar is ’n toename in die getal moorde. Hy is die oom van Johanco Fleischman (19) wat in Mei vanjaar saam met Jessica Kuhn (22) langs die N12 naby die Putfontein-afrit in Benoni aan die Oos-Rand trompop deur drie aanvallers doodgeskiet is.

LEES OOK: ‘Umlungu’, en toe klap skote

“Die probleem is dat 90% van die moorde net statistiek bly. Daar kom nie oplossings nie,” het Fleischman Donderdagoggend gesê.

In die boekjaar 2012-’13 was daar 2 988 moorde in Gauteng.

Meer oor:  Hillbrow  |  Johannesburg-Sentraal  |  Jeppe  |  Moord  |  Misdaadstatistieke  |  Misdaad  |  Gauteng
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.