Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Hier loop VS-veeboere meeste deur

Vrystaatse boere loop volgens dr. Jane Buys, Vrystaat Landbou (VL) se risiko-ontleder, erg onder eiendomsverwante misdade deur. Veediefstal is egter die misdaad waaronder boere die meeste ly.

Buys sê swak vervolging lei daartoe dat veediewe bykans ongehinderd boere se kuddes plunder.

Volgens die pas uitgereikte misdaadstatistieke het veediefstal in die provinsie ’n geringe styging van 0,8% getoon.

Boere se skape word selfs doodgeslaan as hulle nie kan byhou terwyl diewe hulle aanjaag nie.Foto: Verskaf

Die aanmeldsyfer is ongelukkig bloot die aantal klagte wat ingedien is en is geen aanduiding van die geldwaarde of aantal vee wat gesteel is nie.

Willie Clack, voorsitter van die nasionale veediefstalvoorkomingsforum, sê veediefstal kos die land jaarliks R200 miljoen.

Clack sê die aanmeldsyfer vir veediefstal is maar 20%.

Harrismith is die gebied in die Vrystaat waar die meeste veediefstal aangemeld word en vanjaar is 11% meer voorvalle as die vorige jaar hier aangemeld. Veeboere het 213 klagte ingedien vergeleke met verlede jaar se 196.

Ander dorpe in die Oos-Vrystaat waar baie klagte ingedien is of waar veediefstal skerp gestyg het, is:

* Bethlehem met 125 klagte, 4,2% meer as verlede jaar;* Clarens met ’n styging van 130% (13 tot 30 voorvalle); * Clocolan (51%), ’n styging van met 33 tot 51 voorvalle;* Kestell met ’n styging van 59 tot 79 (33%);* Phuthaditjhaba met ’n styging van 77 tot 92 (19%); en* Steynsrus met ’n styging van 67 tot 80 voorvalle (19%).

Bloemspruit by Bloemfontein is een van die min polisiekantore waar in die afgelope boekjaar heelwat minder veediefstal aangemeld is. Dié kantoor spog daarmee dat veediefstal hier met 44% afgeneem het – van 92 tot 51 voorvalle.

Op Bultfontein het veediefstal van 52 tot 64 gestyg (23%), Welkom met 85% van 14 tot 26, en Theunissen met 23% van 44 tot 54.

Ook by Koppies, Kroonstad en die Moakeng-township by Kroonstad het veediefstal gestyg.

By Koppies het veediefstal van 39 tot 67 voorvalle (71%) gestyg, by Kroonstad (6%) van 51 tot 54, en by Maokeng van 19 tot 28 (47%).

Suid-Vrystaatse boere loop ook toenemend onder veediewe deur en talle dorpe het ’n styging in veediefstal ondervind.

Trompsburg se veediefstalsyfers het bykans verdubbel van 21 tot 41 voorvalle (95%), terwyl Rouxville se veediefstal met 67% gestyg het van 21 tot 35 voorvalle en Wepener s’n met 63% van 27 tot 44.

Grafika24
Meer oor:  Vrystaat Landbou (Vl)  |  Dr. Jane Buys  |  Landbou  |  Misdaad  |  Veeboere  |  Veediefstal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.