Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Hier's hy! Vermeende baasbrein agter transito-rooftogte

Die Valke het ’n hoofverdagte in die vlaag transitorooftogte in Gauteng geïdentifiseer.

Wellington (Bibi) Cenenda (38) van Tembisa aan die Oos-Rand word beskryf as die leier van ’n groot groep transitorowers wat in Gauteng bedrywig is.

Wellington “Bibi” Cenenda (38). Foto: Verskaf

Genl.maj. Prince Mokotedi, Valke-hoof in Gauteng, het Sondagmiddag gesê dié groep bestaan uit tot 34 transitorowers, meestal uit townships in dié provinsie, wat saam met Cenenda werk.

“Twee groepe werk onderskeidelik in die noorde en in die suide van Gauteng. Die transitorowers in die noorde kom meestal uit Soshanguve en Mabopane, terwyl dié in die suide meestal bedrywig is in Tembisa en Soweto.”

Volgens Mokotedi werk dié groepe uiters georganiseerd.

“Dit is nie soos jou outydse bende nie. Elke persoon wat deel is van die groep, is ’n spesialis op sy eie. Die verdagtes hergroepeer die heeltyd en hulle sosialiseer glad nie saam nie.”

Die ingewikkelde werk begin egter nou eers. Ons sal bewyse moet saamtrek en dit gaan harde werk wees om ’n dossier op te stel.
Genl.maj. Prince Mokotedi, Valke-hoof in Gauteng

Mokotedi sê Cenenda “weet die Valke en ander agentskappe is op sy spoor,” en dus is hy die heeltyd voortvlugtend.

Hy voeg by dat die Valke besig is om die stryd teen transitorooftogte te wen.

“Die ingewikkelde werk begin egter nou eers. Ons sal bewyse moet saamtrek en dit gaan harde werk wees om ’n dossier op te stel,” sê hy.

Volgens Mokotedi is ses van Cenenda se sleutelmense in die afgelope tien dae in hegtenis geneem. Hy sê minstens vier van dié vermeende transitorowers is buitelanders.

Intussen is daar verlede week 23 verdagtes, onder wie ’n vrouemetropolisielid van Tshwane, aangekeer weens moontlike betrokkenheid by transitorooftogte.

Hoewel hierdie rooftogte met verswarende omstandighede in Junie met sowat 60% afgeneem het, lê nog baie werk vir die polisie voor, sê brig. Vish Naidoo, nasionale polisiewoordvoerder, het Ischke de Jager vroeër berig.

“Ons is vol vertroue dat die stabiliseringsoperasies ’n keerpunt sal bereik teen hierdie spesifieke misdaadkategorie.”

Die Sunday Times berig dat daar vanjaar reeds 178 transitorooftogte was waarin 17 mense dood en 93 beseer is. Vir dieselfde tydperk in 2017 was daar net meer as 140 transitorooftogte.

Meer oor:  Valke  |  Oos-Rand  |  Tembisa  |  Transitorooftogte  |  Baasbrein
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.