Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Hoe is NK-polisiebaas se dienspistool regtig gesteel?

Genl. Risimati Shivuri, Noord-Kaapse polisiekommissaris, is Sondagmiddag sy dienspistool en beursie met duisende rande daarin kwyt nadat hy dit glo in sy voertuig in ’n karwassery gelos en iemand dit gesteel het.

Genl. Risimati ShivuriFoto: Argief

Die vermeende misdadiger is later in Greenpoint in Kimberley aangekeer en sal eersdaags in die hof verskyn.

Die polisie ontken egter ten sterkste dat Shivuri sy vuurwapen onbewaak in die voertuig gelaat het. Hulle dring aan die vuurwapen was in die sak wat oor sy skouer gehang het, en wat die vermeende dief gegryp het.

Brig. Mohale Ramatseba, polisiewoordvoerder, het die voorval bevestig en gesê Shivuri is “van sy vuurwapen naby die munisipale biblioteek in die parkeerterrein by ’n karwassery van sy vuurwapen beroof”.

Volgens die polisie se webwerf is die definisie van roof die diefstal van iemand se besittings deur die opsetlike gebruik van geweld of dreigemente van geweld om die slagoffer te dwing om sy besittings te oorhandig.

“Die verdagte was ’n karwasser wat die kommissaris se sak, waarin sy vuurwapen en besittings was, gegryp het. Die voorval het omstreeks 15:15 gebeur. Die kommissaris was nog in die bestuurdersitplek en besig om sy besittings uit die voertuig te haal toe die man sy sak met al sy besittings daarin gegryp het. Die vuurwapen is nie in die motor gelos soos beweer word nie,” sê Ramatseba.

“Die kommissaris is nog altyd in besit van sy dienswapen wat in 1986 aan hom uitgereik is.”

Ramatseba sê Shivuri het sy vuurwapen te alle tye op sy persoon gedra, soos wat Sondag ook die geval was.

“Die kommissaris het die man agternagesit en ander polisiebeamptes se hulp ingeroep. Die man is Sondagaand tussen 18:00 en 19:00 in Greenpoint aangekeer.”

In dié geval was die wapen nie onbewaak gelaat nie en was dit die heeltyd in die kommissaris se besit.

Ramatseba sê dit is standaardprosedure om sake van nalatigheid teen alle lede te registreer en te ondersoek, wat ook al die omstandighede was.

“In dié geval was die wapen nie onbewaak gelaat nie en was dit die heeltyd in die kommissaris se besit.”

Volgens ’n ingeligte is die vuurwapen en die beursie egter wel in die karwassery in die motor gelaat. Die kommissaris het glo kort daarna alarm gemaak en die polisie ontbied, waarna ’n verdagte aangekeer is.

Ingevolge art. 120(8) van die Wet op Vuurwapenbeheer van 2000 kan iemand wat nalaat om ’n vuurwapen veilig te bewaar tot vyf jaar gevangenisstraf opgelê word indien die persoon skuldig bevind word.

’n Vuurwapeneienaar moet sy vuurwapen te alle tye veilig toegesluit of in sy persoonlike besit hou.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.