Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Hoë van polisie by huis doodgeskiet
Lt.genl. Deliwe de Lange, Gauteng se provinsiale polisiekommissaris. Foto: Themba Makofane

Die polisie in Gauteng ondersoek ’n klag van moord nadat ’n brigadier Woensdagaand ná ’n skietery by sy huis in Soweto gesterf het.

Die brigadier van die polisie in Gauteng het tussen 18:30 en 19:00 by sy huis in Protea-suid, Soweto, aangekom toe ’n onbekende aantal mans hom aangeval en geskiet het.

Hy is na ’n nabye hospitaal geneem, waar hy aan sy wonde beswyk het.

Brig. Mathapelo Peters, provinsiale polisiewoordvoerder, sê in ’n verklaring die polisiebestuur en -lede in die provinsie is geskok oor die aanval.

Die oorledene se naam is nie bekend gemaak nie.

Volgens Peters word die omstandighede rondom die skietery ondersoek.

Lt.genl. Deliwe de Lange, provinsiale polisiekommissaris, sê geen steen sal onaangeroer gelaat word om die skuldiges van die “aanhoudende en hartelose aanvalle op ons lede” op te spoor nie.

Die polisie sal nie afgeskrik of ontmoedig word om getrou te bly aan sy verbintenis om die mense van Gauteng en Suid-Afrika te dien en te beskerm nie, sê sy.

Sy het die provinsiale polisiebestuur se medelye aan die vermoorde lid se familie en kollegas oorgedra.

Meer oor:  Polisie  |  Doodgeskiet
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.