Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Hoedspruit: Ma van 2 vas oor bedrog
Annelize Holtzhausen (33) van Hoedspruit toe sy Woensdag deur die Valke in hegtenis geneem is. Foto:Valke

’n Ma van twee jong kinders wat beweerde bedrog van R1,6 miljoen gepleeg het by 'n huiseienaarsvereniging in Hoedspruit in Limpopo, is deur die Valke in hegtenis geneem.

Annelize Holtzhausen (33) van Hoedspruit het in die hof verskyn in verband met beweerde bedrog van R1,6 miljoen. Foto:Facebook/AnnelizeHoltzhausen

Annelize Holtzhausen (33) het Donderdag vlugtig in die landdroshof in Hoedspruit op aanklagte van bedrog verskyn.

Sy is Woensdagmiddag deur die Valke in hegtenis geneem.

Kapt. Matimba Maluleke, woordvoerder van die Valke in Limpopo, sê Holtzhausen het na bewering bedrog gepleeg toe sy die finansiële administrateur van die Zandspruit-huiseienaarsvereniging was.

Die beweerde bedrog is van 28 Januarie 2019 tot 24 Oktober 2019 gepleeg.

Maluleke sê Holtzhausen het glo fiktiewe eise geskep vir dienste van maatskappye wat nooit aan die Zandspruit-huiseienaarsvereniging gelewer is nie. Sy het glo die geld in haar eie bankrekening sowel as in haar man se bankrekening betaal.

Die Zandspruit-huiseienaarsvereniging het eers van die beweerde bedrog bewus geraak toe ’n oudit verlede jaar van die vereniging se geldsake gedoen is.

Holtzhausen is op borgtog van R5 000 vrygelaat. Sy moet op 31 Maart weer in die landdroshof in Hoedspruit verskyn.

Meer oor:  Limpopo  |  Hoedspruit  |  Bedrog  |  Ma
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.