Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Hoekom geen arrestasie ná polisielid sterf? – vakbond
Daar was volgens die polisie ’n skietery waarin Sigcu noodlottig gewond is.

Die polisievakbond Sapawu is ontevrede omdat niemand nog in hegtenis geneem is nadat ’n polisiekonstabel op 7 Januarie in die Kaapse middestad doodgeskiet is nie.

Konst. Thando Sigcu (38), verbonde aan die Kaapstad-Sentraal-polisiekantoor, is na bewering deur ’n wetstoepassingsbeampte van die Kaapstad-metroraad in Heerengracht doodgeskiet.

Sigcu was besig om ’n verdagte aan te keer toe wetstoepassingsbeamptes van die metro op die toneel stilgehou het. Daar was volgens die polisie ’n skietery waarin Sigcu noodlottig gewond is.

Sapawu het Maandag in ’n verklaring gesê hy is ontevrede omdat niemand nog in hegtenis geneem is nie.

Bonga Makuliwe, president van die vakbond, sê in die verklaring hulle sal die ondersoek dophou en as hulle ontevrede is, sal hulle private ondersoekers en kundiges aanstel om vas te stel wat die aand gebeur het.

Hy meen dat die wetstoepassingsbeampte op die toneel in hegtenis geneem moes word, maar dat hy voorkeurbehandeling gekry het.

Makuliwe wil ook weet of daar sekerheidskameras in die omgewing is waarop die voorval vasgelê is en hoekom die ondersoekbeampte in die saak nog nie die opname aangevra het nie.

TimesLive het berig dat Bheki Cele, minister van polisie, op Sigcu se begrafnisdiens sy ontevredenheid uitgespreek het omdat beeldmateriaal van die metro se sekerheidskameras in die omgewing nie deur die ondersoekbeampte van die Valke opgespoor kon word nie.

Na wat berig word, het Cele gesê die verdagte is nie formeel aangekla nie.

Na wat berig word, het Cele gesê die verdagte is nie formeel aangekla nie en dat ondersoekers van die Valke nog geen verklaring by die beampte afgeneem het nie.

JP Smith, die metro se burgemeesterskomiteelid vir veiligheid en sekuriteit, het Vrydag in ’n verklaring in reaksie hierop gesê dat die metroraad van Cele se uitlatings kennis neem.

Volgens hom het die raad van meet af aan onderneem om met die Valke in hul ondersoek saam te werk.

Die metroraad en die wetstoepassingsbeampte se prokureur is deurentyd met die Valke se ondersoekspan in verband met die strafregtelike ondersoek in kontak.

Smith sê amptenare van die metroraad het die nag toe Sigcu doodgeskiet is, gesê daar is geen opnames van die voorval nie, slegs van die gebeure daarna.

Hy sê daar was geen formele versoek van die ondersoekbeampte om na hierdie opnames te kyk nie, maar dit sal terwille van deursigtigheid aan die Valke oorhandig word.

Meer oor:  Konst. Thando Sigcu  |  Kaapstad  |  Arrestasie  |  Skietvoorval  |  Vakbond
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.