Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Hoenderboer van KZN in nek, rug gesteek

’n Boer van Greylands, naby Tongaat in KwaZulu-Natal, is deur ’n plaaswerker in sy nek en rug met ’n mes gesteek toe hy ’n voorval van diefstal op sy familieplaas ondersoek het.

Die mes waarmee ’n jong boer van Tongaat in sy nek en rug gesteek is. Foto: Rusa

Die veiligheidsmaatskappy Reaction Unit South Africa (Rusa) sê in ’n mediaverklaring die maatskappy is Saterdagaand na die hoenderplaas ontbied.

Met Rusa se aankoms was die slagoffer, wat ernstig beseer is, reeds in ’n private voertuig na ’n hospitaal gebring.

Volgens die 28-jarige man se familie het hy en sy pa werkers in die kantoor ondervra omdat hoenderkratte op die plaas gesteel is.

Die werker het skielik die man aangeval en met ’n mes gesteek.

Die slagoffer se pa, wat ’n vuurwapen by hom gehad het, het volgens ooggetuies minstens vier skote geskiet.

Die aanvaller is vermoedelik raakgeskiet, maar hy het van die toneel gevlug.

’n Ander werknemer wat geboei was, was met Rusa se aankoms nog in die kantoor.

Veiligheidswagte van Rusa het na die aanvaller gaan soek, maar hy is nog nie gevind nie.

Prem Balram, woordvoerder van Rusa, sê die polisie van Tongaat was Sondag nog op die toneel om die voorval te ondersoek.

Die mes waarmee die boer gesteek is en twee patroondoppies is op die toneel gevind.

Die polisie het Sondag nog nie ’n mediaverklaring uitgereik nie.

Meer oor:  Tongaat  |  Kwazulu-Natal  |  Reaction Unit South Africa  |  Aanval
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.