Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Hoewe-moord: Polisie vra hulp

Die polisie het die gemeenskap se hulp nodig om twee mans aan te keer wat Dinsdagoggend ’n bejaarde egpaar in hul huis op ’n kleinhoewe in Kameeldrift, noordoos van Pretoria, aangeval het.

“Die 74-jarige Peet van Wyk is Dinsdag omstreeks 04:00 deur die aanvallers met messe op die kleinhoewe in Leeuwfontein oorrompel en doodgesteek,” sê kapt. Mavela Masondo, polisiewoordvoerder.

Volgens Masondo is Van Wyk, wat in sy huis se gang inmekaargesak het, verskeie kere gesteek en ook na bewering met ’n klip aangerand. Sy vrou, Rita (72), sterk in die hospitaal aan nadat sy ook met messe in die arm gesteek is. Sy kon daarin slaag om hulp te kry.

Foto ter illustrasie.Foto: Verskaf

Die mans het die egpaar se huis deur ’n venster binnegekom. Hulle het met twee selfone en ’n televisiestel gevlug.

Klagte van moord, roof en aanranding met die doel om ernstig te beseer, word ondersoek.

“Dit is in dié stadium nog onbekend of die mans toegang tot ’n voertuig gehad of te voet gevlug het. Alle leidrade word deur die ondersoekspan opgevolg,” sê Masondo.

Marius Muller, nasionale bedryfskoördineerder van AfriForum, sê die vrou se toestand is bestendig.

“Sy is baie geskok oor wat gebeur het, maar is buite gevaar,” sê Muller, wat deurentyd kontak met die Van Wyk-familie behou.

Volgens hom het die mans die diefwering voor ’n venster weggebuig om toegang tot die huis te verkry. “Dit is ’n piepklein venstertjie, maar hulle is op een of ander manier daardeur,” sê Muller.

Christo van Wyk, die egpaar se seun, het Vrydag nie op navrae reageer nie. Dit was by Van Wyk se huis, wat in die omgewing geleë is, dat Rita om hulp gaan aanklop het. Sy is toe na die hospitaal geneem.

“Ons doen ’n beroep op al die inwoners in die Kameeldrift-omgewing om na vore te kom met inligting wat die polisie kan help om die skuldiges op te spoor,” sê Masondo.

“Mense met inligting word gevra om 08600 10111 te skakel. Alle inligting sal vertroulik hanteer word,” sê Masondo.

Meer oor:  Peet Van Wyk  |  Kameeldrift  |  Moord  |  Egpaar  |  Bejaard  |  Kleinhoewe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.