Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Hoeweman erg geslaan in Muldersdrift-aanval

Waarskuwing: Die foto in die storie mag sommige lesers ontstel. 

Riaan-Juan Smit is die jongste slagoffer van ’n geweldadige aanval op ’n kleinhoewe in die Muldersdrift-omgewing naby Johannesburg.

Smit is Sondagoggend vroeg, tussen 03:00 en 04:00, deur drie of vier mans oorval en aangerand.

Terry-Ann Terblanche, skakelbeampte van die Drift Reaction-veiligheidsmaatskappy, het die aanval bevestig en gesê Smit is in die hoësorgeenheid van ’n hospitaal opgeneem.

“Smit is verskriklik geslaan en ernstig beseer in die voorval,” sê sy.

“Hy bly op ’n kleinhoewe met verskeie kothuise waar die aanvallers hom ingewag het.”

In dié stadium is dit nog nie duidelik of die aanvallers gewapen was nie.

Liza Linde, Smit se suster, het op Facebook gesê sy was geskok toe sy om 04:00 Sondagoggend ’n oproep gekry het om te sê haar broer is aangeval.

Volgens Linde is Smit erg geslaan en het hy beserings aan sy lyf en veral sy kop opgedoen.

Die aanval op Smit volg kort ná ’n aanval op ’n ander kleinhoewe in die omgewing waar ’n pa en sy seun aangehou is. In dié aanval is ’n aantal selfone en ’n TV-stel gebuit.

Riaan-Juan Smit is vanoggend in sy huis op ’n kleinhoewe in die Muldersdrift-omgewing aangeval. Hy is die hospitaal in die hoësorgeenheid opgeneem.Foto: Verskaf
Meer oor:  Muldersdrift  |  Hoewe  |  Aanval
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.