Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Hofklerk dood in sy kamer aangetref

’n Geregtelike ondersoek is geopen nadat kollegas die lyk van ’n hofklerk van die hooggeregshof in Kaapstad Vrydagoggend in sy kamer op die terrein van ’n hoërskool in Kaapstad gevind is.

Lucien Jansen voor die hooggeregshof in Kaapstad waar hy gewerk het. Foto: Facebook

’n Lykskouing moet nog gedoen word om die oorsaak van Lucien Jansen (37) se dood vas te stel.

Kapt. Ezra October, polisiewoordvoerder, sê daar was geen gedwonge toegang tot Jansen se kamer nie. Sy kamerdeur was egter nie gesluit nie.

Dit blyk egter dat Jansen, wat aan hoë bloeddruk gely het, dalk aan ’n hartaanval kon gesterf het.

Joernaliste wat deur hul werk vir Jansen geken het, het Vrydag op WhatsApp hul skok oor sy dood uitgespreek.

Jana Breytenbach, ’n hofverslaggewer van Netwerk24, het op WhatsApp gesê sy is stomgeslaan en geskok.

Tammy Petersen van News24 het geskryf sy het Dinsdag nog met Jansen gepraat. Jenna Etheridge, ook van News24, het geskryf: “Dit is so tragies. Hy was altyd so vriendelik.”

Amptenare by die hooggeregshof wou by navraag nie kommentaar lewer nie.

Lucien Jansen was ’n hofklerk by die hooggeregshof in Kaapstad. Foto: Facebook
Meer oor:  Moord-Ondersoek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.