Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Hokkiespelers sit grypdief agterna
Foto ter illustrasie.

Wat ’n lang en vervelige middernagtelike rit van Stellenbosch na Bloemfontein sou wees, het Sondagoggend vir ’n wyle in ’n aksiefliek ontaard toe ’n groep hokkiespelers van Grey Kollege ’n dief agterna gesit het nadat hy twee van hul sakke gegaps het.

Danksy die hokkiespelers se vinnige optrede is nie net die sakke teruggekry nie, maar is die twee diewe ook vasgetrek en is hulle nou agter tralies.

Marzaan Venter, bemarker van die skool, sê ’n groep van die hokkiespelers het Sondag omstreeks 00:30, toe die span se dubbeldekkerbus in Beaufort-Wes by ’n vulstasie ingetrek het, gesien hoe ’n gespierde man sommer so in die ry op die sleepwa spring en twee sakke gaps voordat hy op die vlug slaan.

Die seuns het by die trappe van die bus afgestorm en soos een man die dief agterna gesit.

Hulle het egter omgedraai toe van die dief se makkers uit die bloute by hom aangesluit het.

“Hulle het besef hulle stel hul lewe moontlik in gevaar en het na die bus teruggekeer.”

Die dief wat met ’n kortbroek en ’n gespierde lyf op die sleepwa gespring het, is egter steeds soek.
Tristan van der Spuy

Hier het hulle Tristan van der Spuy, een van die afrigters, vertel wat gebeur het.

Van der Spuy het die polisie ontbied wat toevallig in die omgewing was.

Volgens Van der Spuy is een van die sakke in die veld opgetel en is ’n verdagte ook hier aangekeer.

’n Ander dief is tot by ’n woonbuurt agternagesit waar hy knus onder ’n kombers met sy skoene aan gevind is.

Die ander sak is in die badkamer van die huis gevind.

“Die dief wat met ’n kortbroek en ’n gespierde lyf op die sleepwa gespring het, is egter steeds soek.”

Hoewel die span later as wat beplan is uit Beaufort-Wes vertrek het, is hulle veilig terug in die Rosestad.

* Die leerlinge was op pad terug van Stellenbosch waar hulle die naweek teen Paul Roos Gimnasium in die laaste interskole-byeenkoms van die jaar gespeel het.

Meer oor:  Grey Kollege  |  Bloemfontein
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.