Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Hond dood in bendeskietery
Reney Matthysen se dogter, Raylene, en Bruno verlede maand. Foto: Verskaf

“Daar is sekere dinge wat onaanvaarbaar is en dit is een daarvan.”

So sê Kwayo Louw (27), voorsitter van die Kraailove-gemeenskapsgroep op Facebook, nadat ’n hond Vrydagaand vermoedelik in die kruisvuur van bendegeweld beland het en doodgeskiet is.

Volgens Louw het die voorval in Verastraat in Scottsdene, Kraaifontein, plaasgevind.

“Ons gemeenskapsgroep is ingelig oor die hond wat geskiet is. Ons het toe die dierebeskermingsvereniging (DBV) in kennis gestel,” sê Louw.

Reney Matthysen, eienaar van Bruno, die hond wat geskiet is, sê hulle het hom ses maande gehad.

“Ek het Vrydagaand van die winkels tuisgekom. Ek het die hek oopgelos en dit is seker hoe Bruno uitgekom het. Hy het na my ma gehardloop, wat oorkant ons bly.

“Toe ek die inkopies in die kombuis neersit, het ek skote gehoor. My bure het my kom roep en toe ek buite kom, het ek Bruno voor my ma se sypaadjie sien lê,” sê Matthysen.

“Wat het die hond aan hulle gedoen? Dit is net ’n dier. Hulle het hom twee keer in die nek geskiet. Hy het nog gely, maar so tien minute later is hy dood,” sê sy.

Die karkas van Bruno nadat die DBV dit moes opgegrawe vir verdere ondersoek. Foto: Verskaf
Bruno dood op die sypaadjie nadat hy Vrydagaand geskiet is. Foto: Verskaf

Bruno is Vrydagaand begrawe.

“Hy was regtig ’n liefdevolle hond. Hy het daarvan gehou om by die kinders te slaap en het altyd hul skoene gebyt of weggesteek.

“Hy het ook altyd op sy rug geslaap, met sy bene oopgespalk,” sê Matthysen.

Linda Abrahams, woordvoerder van die Kaap de Goede Hoop-DBV, sê hulle het Bruno vir ’n nadoodse ondersoek opgegrawe.

“Ons hoop om die polisie te help in hul ondersoek,” sê sy.

Abrahams sê mense moet nooit eie reg gebruik as dit by diere kom nie.

“Die skiet van diere gebeur meer gereeld as wat ’n mens dink,” sê sy.

“Sommige sê dit is uit selfverdediging, maar as diere ’n probleem word, moet jy liewers die relevante partye in kennis stel wat die diere op die regte manier kan bystaan,” sê Abrahams.

Meer oor:  Bendegeweld  |  Hond  |  Bende
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.