Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Hond vreet aan baba se lyk

’n Inwoner van die Meloding-township by Virginia het Maandag die polisie ontbied nadat sy gesien het ’n hond vreet aan iets wat soos menslike oorskot lyk.

Brig. Sam Makhele, provinsiale polisiewoordvoerder, sê die hond het ’n baba se lyk by ’n sinkhuis in Eurekapark, Meloding, ingedra en daaraan gevreet.

Makhele sê die lyk was reeds halfpad opgevreet en die polisie kon nie die geslag van die baba bepaal nie.

Die hond het die lyk vermoedelik iewers uit ’n vlak graf gegrawe.

Die ouderdom van die baba word op vier dae geskat en Makhele sê ’n lykskouing sal in Welkom se staatslykhuis gedoen word.

Die polisie het ook ’n geregtelike doodsondersoek begin.

Meer oor:  Meloding  |  Virginia
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.