Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Honde verjaag rower op plaas

Honde het Woensdag in die vroeë oggendure vier gewapende rowers op ’n plaas in die Oos-Kaap verjaag.

Hulle was glo op pad van ’n woonstel na die hoofhuis op die plaas Mount Roberts, naby Nanaga in die Kinkelbosgebied toe die honde aanval.

Volgens die polisie het die rowers rondom middernag by die huis ingekom waar ’n 28-jarige man in die sitkamer geslaap het. Hulle het hom wakker gemaak en met messe en ’n wapen gedreig terwyl hulle na waardevolle goedere gesoek het.

Hulle is uiteindelik weg met ’n selfoon, skootrekenaar en ander persoonlike artikels, sê kapt. André Beetge, polisiewoordvoerder.

Alfonso van Niekerk, voorsitter vir landelike veiligheid by Agri Oos-Kaap, sê in ’n verklaring die rowers het die man probeer dwing om hulle te help om by die hoofhuis in te kom.

Op pad na die hoofhuis het die plaaseienaar se honde hulle bestorm. Hulle het toe weggehardloop met die slagoffer se horlosie, skootrekenaar en selfoon, luidens die verklaring.

Beetge sê geen skote is geskiet nie en niemand is beseer nie.

Teen Woensdagmiddag laat is niemand nog in hegtenis geneem nie.

Meer oor:  Oos-Kaap  |  Plaasaanval  |  Honde  |  Rower
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.