Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Honderde wil supermark in Macassar plunder

Honderde inwoners van Macassar naby Somerset-Wes het Dinsdag toegesak op die plaaslike Shoprite en dit probeer plunder.

Op video’s wat op sosiale media versprei is, kan gesien word hoe mense na die winkel hardloop om ook aan die plundery deel te neem.

Mense wat op pad was na die winkel om noodsaaklike inkopies te gaan doen, sê die plunderaars maak dit nou vir ander onmoontlik om goedere te gaan koop wat hulle nodig het.

Die Shoprite-groep het in ’n verklaring gesê die winkel is reeds Maandag gesluit nadat inligting ontvang is dat mense beplan om die winkel te plunder.

“Die perseel is danksy die vinnige optrede deur private sekerheidsdienste en met behulp van die polisie teen die plunderaars beskerm. Die situasie word dopgehou en die winkel sal weer open sodra ons seker is dat dit veilig is.”

Albert Fritz, Wes-Kaapse LUR vir gemeenskapsveiligheid. Foto: Peter Abrahams/Son

“Ons veroordeel enige misdadigheid gemik teen ons winkels wat uiteindelik die lewensbestaan van ons werknemers en ook die lewens en veiligheid van ons klante op die spel plaas.”

Sers. Noloyiso Rwexana, polisiewoordvoerder, sê die polisie ondersoek ook voorvalle waarin talle huiswinkels in Macassar geplunder is. Sy sê ’n 40-jarige man is weens die plundery en 12 ander weens openbare geweld in hegtenis geneem.

Albert Fritz, Wes-Kaapse LUR vir gemeenskapsveiligheid, het die wetteloosheid veroordeel. Hy het gesê Suid-Afrika staar ’n humanitêre krisis in die gesig en die ekonomiese uitdagings vorentoe gaan die situasie net vererger.

“Dit is reeds ’n stryd vir baie mense om kos op die tafel te kry. Dis ’n groot bekommernis vir almal en die regering het reeds baie gedoen om te help waar ons kan.

“Ek is in gesprek met die kabinet om dringend oplossings vir die vlaag van plundery te probeer vind.”

Meer oor:  Somerset-Wes  |  Macassar  |  Inperkingsregulasies  |  Armoede  |  Plundery  |  Koronavirus  |  Shoprite
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.