Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Hongkong lê beslag op 82,5 kg renosterhorings van SA

Doeanebeamptes het by die Hongkong- internasionale lughawe op 82,5 kg renosterhorings beslag gelê.

Die organisasie WildAid Hongkong het Saterdag op Twitter en Facebook gesê dit is die grootste vonds die afgelope vyf jaar.

Die renosterhorings is in Hongkong op die lughawe gevind. Foto: Verskaf

Volgens die organisasie het die doeanebeamptes ’n besending “motoronderdele” van Suid-Afrika nagegaan wat onderweg was na Maleisië. Toe die vrag ondersoek is, het hulle op die renosterhoring afgekom.

Volgens ’n verklaring op die webtuiste van die Hongkongse regering, is die renosterhoring op 5 April by die lughawe gevind. Die waarde is sowat $16,5 miljoen. Die verdagte X-straal-foto’s op die vrag het die beamptes se aandag getrek. Die vrag is deursoek en heel en gesnyde renosterhorings is gevind.

Die saak is na die Hongkongse departement van landbou, visserye en bewaring vir verdere ondersoek verwys, luidens die verklaring.

Ingevolge wetgewing oor die bewaring van bedreigde spesies (diere en plante) kan mense wat skuldig bevind word aan die in- en uitvoer van bedreigde spesies sonder ’n lisensie met $10 miljoen beboet en 10 jaar tronk toe gestuur word.



Meer oor:  Omgewing  |  Renosterhorings  |  Beslaglegging  |  Bewaring
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.