Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Hospitaal-werker wat glo PPE steel op heterdaad betrap

’n Oos-Kaapse gesondheidswerker is aangekeer nadat hy op heterdaad betrap is terwyl hy agt bokse met beskermende toerusting (PPE) by ’n hospitaal probeer steel het.

Dié kontrakwerker is volgens die gesondheidsdepartement een van honderde algemene werkers wat ingebring is om te help in die stryd teen die koronavirus.

Na bewering het die man Saterdag die bokse een vir een na die Frontier-hospitaal in Komani se grensheining gedra en na buite gegooi om vermoedelik later op te tel.

Sizwe Kupelo, ’n woordvoerder vir die provinsiale gesondheidsdepartement, sê die bokse was vol handskoene.

Die werker is deur ’n verbyganger en ’n veiligheidswag opgemerk en in sy spore gestuit.

Bokse met beskermende toerusting is die afgelope naweek net buite die grensheining van die Frontier-hospitaal in Komani aangetref. ’n Kontrakwerker het die bokse oor die heining gegooi in ’n poging om dit te steel.

Kupelo sê die werker is kort daarna in hegtenis geneem en sal binnekort in die hof verskyn.

In reaksie op die voorval sê Sindiswa Gomba, LUR vir gesondheid in die Oos-Kaap, die steel van beskermende toerusting kom neer op moord.

“Deur beskermende toerusting te steel, word werkers in die voorste linies, soos dokters, weerloos teen die wrede virus,” sê Gomba in ’n verklaring.

Die nasionale gesondheidsdepartement het Sondagaand gesê nog 339 sterftes is binne 24 uur in die land aangemeld. Hiervan is 77 in die Oos-Kaap en het die provinsie se sterftesyfer tot 8 739 gestyg. Daar is 6 890 aktiewe koronavirusgevalle in die provinsie.

Gomba sê die departement het voorsiening gemaak vir genoeg voorraad van beskermende toerusting en het ook skenkings van organisasies ontvang.

“Maar wanneer werkers die beskermende toerusting steel, kan dit tot klagtes van tekortkomings lei, iets wat ons reeds gesien het.”

Die LUR meen ’n voorbeeld moet van die betrokke kontrakwerker gemaak word as hy skuldig bevind word, en doen ’n beroep op die regstelsel vir ’n swaar vonnis wat as afskrikmiddel vir ander sal dien.

Sy het ook die geleentheid gebruik om mense opnuut te waarsku teen die virus en sê gesondheidsmaatreëls moet gehoorsaam word.

Meer oor:  Ppe  |  Misdaad  |  Diefstal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.