Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Huiseienaar (55) steek inbreker dood

Die polisie ondersoek ’n saak van moord nadat ’n 55-jarige huiseienaar van Bethelsdorp in Port Elizabeth ’n vermeende inbreker na bewering doodgesteek het.

Luidens ’n polisieverklaring het die voorval Vrydag omstreeks 21:00 gebeur toe die man en sy vrou besig was om kos te maak.

Daar was glo ’n gehamer aan hul deur en twee mans het daarop aangedring om ingelaat te word, maar die egpaar het geweier.

Die mans, wat met ’n mes en panga gewapen was, het uiteindelik toegang tot die huis verkry waarna ’n struweling na bewering tussen hulle en die huiseienaar ontstaan het. Die verdagtes het probeer om die man te steek, waarna hy glo ’n mes vir selfverdediging gegryp het.

Volgens die polisie is ’n 19-jarige verdagte noodlottig in die bors gewond. Die slagoffer is as Luthando Ndude, ’n buurman van die egpaar, geïdentifiseer.

Die polisie weet glo wie die tweede verdagte is, maar hy is nog nie in hegtenis geneem nie.

Die polisie sê ’n saak van moord en een van huisbraak word ondersoek.

Die huiseienaar is nie in hegtenis geneem nie. Sodra die ondersoek voltooi is, sal die dossier aan die direktoraat vir openbare vervolging voorgelê word vir ’n besluit of iemand vervolg sal word al dan nie.

Meer oor:  Port Elizabeth  |  Bethelsdorp  |  Inbreker  |  Dood  |  Huiseienaar
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.