Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
‘Huisrowers’ gevang ná vrou hulle volg
Volgens inligting was sy omstreeks 08:45 op pad werk toe, toe sy sien hoe drie mans by haar erf inglip.

’n Vrou van Bloemfontein se flinke optrede het Donderdagoggend daartoe gelei dat drie vermeende huisrowers in hegtenis geneem is “net minute” nadat hulle haar werkers vasgebind en haar huis glo beroof het.

Retha de Canha, van Langenhovenpark, wou nie Donderdag oor die gebeure praat nie.

Volgens inligting was sy omstreeks 08:45 op pad werk toe, toe sy sien hoe drie mans by haar erf inglip.

De Canha het kopgehou en ’n ent van haar huis af stilgehou. Sy het terug na haar huis geloop en by die motorhuis ingeglip.

Sy het alarm gemaak en die Langenhovenpark-gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) het haar boodskap dadelik na verskeie ander groepe, insluitende plaaslike veiligheidsmaatskappye, gestuur.

’n Stemboodskap wat De Canha op WhatsApp aangestuur het waarin sy oor die voorval praat en mense vra om op die uitkyk te wees vir die rowers, het vinnig in Bloemfontein versprei.

Die drie mans verlaat dan die erf, waarna sy hulle agtervolg het tot waar hulle ’n ent verder in ’n motor geklim het.

Sy vertel daarin hoe die mans mense (vermoedelik haar huiswerkers) in haar huis vasgebind en met ’n vuurwapen en mes aangehou het. Die drie mans verlaat dan die erf, waarna sy hulle agtervolg het tot waar hulle ’n ent verder in ’n motor geklim het.

Sy het ook foto’s van die mans op die WhatsApp-groep geplaas.

Die polisie en lede van ’n veiligheidsmaatskappy het die rowers agternagesit en hulle in Universitas aangekeer.

Piet Strydom, ondervoorsitter van die Langenhovenpark-GPF, sê die beskrywing van die rowers het hulle baie gehelp om die mans aan te keer.

“Die mans se motor is tot in Universitas agtervolg waar hulle deur lede van die GPF, die AfriForum-buurtwag, veiligheidsmaatskappye en die polisie aangekeer is.

“Al die geroofde goedere is teruggevind. Dit was danksy die goeie samewerking van al die rolspelers. Dit wys net weer hoe belangrik dit is vir mense om betrokke te raak by GPF’s,” sê hy.

Brig. Motantsi Makhele, polisiewoordvoerder, sê een van die verdagtes het ’n 43-jarige man met ’n mes in sy regterarm en gesig gewond. Dié man is gedwing om ’n kluis oop te maak.

Hulle het hom daarna vasgebind en ’n kombers oor hom gegooi. Hy kon homself later loskry, waarna hy op ander werkers wat in die kombuis vasgebind was, afgekom het.

Makhele sê ’n selfoon en twee duur horlosies is gebuit.

Die twee horlosies en ’n mes is in die mans se wegkommotor gevind, terwyl die selfoon in ’n straat in Langenhovenpark gevind is.

Die mans, onderskeidelik 27, 44 en 60 jaar oud, verskyn binnekort op ’n aanklag van roof in die hof.

Die polisie soek na nog verdagtes wat moontlik betrokke was.

Meer oor:  Huisroof  |  Huisrowers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.