Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Huisrowers rand bejaarde met staalpyp aan

’n Bejaarde man van Port Elizabeth is in die hospitaal opgeneem nadat twee rowers hom vroeg Vrydagoggend met ’n staalpyp in sy huis aangerand het.

Volgens die polisie se inligting het twee onbekende mans net voor 04:00 toegang tot ’n huis in Sherwood verkry.

James Colins (78) het wakker geword en twee mans in sy kombuis aangetref.

Die twee mans het op Colins afgestorm en hom verskeie keer met ’n staalpyp oor die kop geslaan.

Colins het glo by die rowers gepleit om nie sy vrou te beseer nie en die rowers het gevlug met ’n selfoon en ’n tablet.

Colins se vrou, wie se ouderdom en naam nie onmiddellik bekend was nie, is vir skok behandel.

Kapt. Johan Rheeder, polisiewoordvoerder, sê nadat die rowers gevlug het, het die egpaar die paniekknoppie gedruk.

Rheeder sê hul ondersoek dui daarop dat die agterdeur met iets soortgelyk aan ’n skroewedraaier oopgedwing is.

Hy sê buiten vir die staalpyp, het die egpaar geen ander wapens in die hande van die rowers gesien nie.

Die polisie het later Vrydagoggend nog leidrade opgevolg, maar niemand is nog in hegtenis geneem nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.