Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Huisrowers skiet Kaapse leerling dood
Mihlali Funde
Mihlali Funde, ’n matriekleerling aan die Rhodes High School in Mowbray, Kaapstad, is Vrydagaand tydens ’n huisroof by sy ouerhuis doodgeskiet.

Die polisie is op soek na drie mans in verband met die moord op ’n matriekleerling van Khayelitsha, Kaapstad.

Die 18-jarige Mihlali Funde, ’n leerling van die Rhodes High School in Mowbray, is Vrydag omstreeks 20:00 doodgeskiet tydens ’n huisbraak by sy ouerhuis in Mawisastraat, Lingelethu-Wes.

’n Tweede slagoffer, Odwa Tom (21), is op pad na die hospitaal dood.

Die skool het Maandag sy skok oor Funde se dood op sy Facebookblad uitgespreek en onder meer gesê sy dood maak wat reeds ’n moeilike jaar vir matrikulante is, net nog erger.

“Te midde die voorbereidingseksamen het ons gehoor dat een van ons matriekleerlinge, Mihlali Funde, verlede week in sy huis vermoor is.

“Ons skool, en veral die matrikulante, betreur die dood van ’n makker.”

Kol. Andrè Traut, polisiewoordvoerder, het Dinsdag gesê Funde is op die toneel dood. Tom se ouers het hom hospitaal toe geneem, maar hy is onderweg dood.

“Drie verdagtes het met drie televisiestelle, ’n skootrekenaar en twee selfone gevlug. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.”

Traut vra dat mense met inligting oor die voorval die polisie se Stop Misdaadnommer – 0860 010 111 – skakel.

Meer oor:  Mowbray  |  Rhodes High School  |  Mihlali Funde  |  Lingelethu-Wes  |  Kaapstad  |  Misdaad  |  Rooftog  |  Polisie  |  Matriekleerling  |  Huisrowers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.