Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Huisrowers val bejaarde egpaar aan, vrou kritiek

’n Bejaarde egpaar van Kempton Park word in die Arwyp-hospitaal behandel nadat huisrowers hulle Maandagmiddag aangerand het.

Die 81-jarige vrou het ernstige kopbeserings opgedoen en is in ’n kritieke toestand. Haar 87-jarige man se beserings is minder ernstig.

“Die slagoffers is nog te swak om met ons te kan praat. Dit is onduidelik hoeveel mense daar was. Ons weet ook nie of die bende iets gesteel het nie,” sê kapt. Lesibana Molokomme, polisiewoordvoerder.

Die rowers het om 17:00 by die huis in Edleen in Kempton Park ingebreek.

Klagte van poging tot moord is aanhangig gemaak, maar meer klagte kan bygevoeg word soos die ondersoek vorder.

Russel Meiring, woordvoerder van die ER24-nooddiens, sê lede van die gemeenskapspolisiëringsforum het die nooddienste ontbied. “Die vrou het ernstige kopbeserings en is in ’n kritieke toestand.”

Die polisieondersoek duur voort.

Meer oor:  Kempton Park  |  Aanval  |  Huisroof
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.