Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Huiswerker se seun in hof ná plaasaanval
Boere het Vrydag voor die landdroshof in Morebeng in Soekmekaar, Limpopo, teen plaasmoorde betoog. Foto: Rudzani Tshikororo

Die seun van ’n huiswerker van die egpaar van Dendron in Limpopo wat verlede Woensdag op hul plaas aangeval is, is in hegtenis geneem.

Die 18-jarige man het glo vier mans, wat in Gauteng woon en wat hy ken, na die plaas ontbied, sê Mashudu Malabi-Dzhangi, woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag (NVG) in Limpopo.

Hy en twee van die vermeende aanvallers, wat onderskeidelik 38 en 29 jaar oud is, het Vrydag in die landdroshof in Morebeng verskyn. Een van hul makkers is in ’n jaagtog met die polisie geskiet en is later in die hospitaal dood.

Nóg een is op vrye voet.

Hulle word verbind met die aanval op 5 Augustus op Chris Joubert (62) en sy vrou, Leonise (61).

Leonise is verkrag en in haar regterbeen geskiet, terwyl Chris erg aangerand en met drade vasgebind is.

Leonise het aan Netwerk24 toestemming gegee om haar naam te gebruik omdat sy daardeur ’n boodskap van hoop wil bring.

“As ek sou stilbly oor die verkragting, sou daardie nag se gebeure sinloos wees. Hulle het dit aan my lyf gedoen en nié aan my siel nie.”

Sy het gesê die aanval “was ’n nagmerrie vol geweld en haat. Om die dood in die oë te staar as jy voor genadelose mense te staan kom, is verskriklik.”

Boere het Vrydag by die hof teen plaasmoorde betoog. Foto: Verskaf

Die drie beskuldigdes het nog nie op die aanklag van verkragting gepleit nie en mag nie geïdentifiseer word nie.

Luidens die klagstaat het die vier mans van Gauteng vroeg verlede Woensdagoggend in ’n silwer BMW op die plaas opgedaag.

Die 18-jarige man het glo buite die plaashuis gebly terwyl die ander vier by die huis ingebreek het.

Boere van Limpopo het Vrydag weer, net soos verlede week, na die landdroshof opgeruk en betoog teen plaasaanvalle en -moorde.

TLU SA het Vrydag ’n virtuele betoging teen plaasmoorde gehou waar mense op hul webtuiste kon registreer om in die kuberruim “saam te stap”. Meer as 10 000 mense van oor die wêreld heen het registreer om aan die virtuele optog deel te neem.

Bennie van Zyl, hoofbestuurder van TLU SA, het boere gemaan om self verantwoordelikheid vir hul veiligheid te neem. “Ons wil deur die virtuele optog mense oor die wêreld heen bewus maak daarvan dat plaasaanvalle en -moorde onaanvaarbaar is.”

Die drie vermeende aanvallers van die Joubert-egpaar bly in aanhouding en sal moontlik volgende Vrydag om borgtog aansoek doen.

Een van die bakkies wat Vrydag aan 'n optog teen plaasmoorde in Limpopo deelgeneem het. Foto: Verskaf

Meer oor:  Dendron  |  Plaasaanval
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.