Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
‘Hulle het oom Henk verniel’

Jannie Lombaard (50) se familie is “geruk” oor die moord op hom Dinsdagaand in sy huis in Leeudoringstad, Noordwes.

“Dis so onnodig, hy was ’n steunpilaar in die dorp en het baie mense gehelp sonder om ooit erkenning daarvoor te vra,” het Lombaard se swaer, Jannie Botes, Woensdag gesê.

Vermoor: Jannie Lombaard. Foto: Verskaf

“Jannie het nog sy vriendin gebel nadat hy twee keer (in onderskeidelik die bors en kop) geskiet is, en vir haar gesê hy is geskiet en sy pa (Henk, 82), aangerand.”

Lombaard jr. het kort daarna aan sy wonde beswyk. 'n Onbekende bedrag kontant is gesteel en Jannie se rewolwer is ook weg. 

Sowat ses rowers het die Lombaard-mans Dinsdag omstreeks 19:00 in hul huis in Leeudoringstad oorval. Lombaard sr. is erg aangerand. Sy regterwangbeen is gebreek en hy moes steke in sy bolip, mond en aan die kop kry. Die Lombaards besit die Shell-garage in die dorp. Die rowers het Lombaard jr. vermoedelik van die vulstasie tot by sy huis naby die vulstasie gevolg.

’n Vriend van Lombaard jr., Jan Naudé, sê die rowers het vermoedelik by die kombuisdeur ingegaan en Lombaard jr. tot in sy kamer gevolg. Daar het ’n struweling ontstaan. “Oom Henk het ’n skoot gehoor.”

Die aanvallers het die bejaarde man daarna aangerand. Botes sê Lombaard sr. het hom gebel nadat die rowers weg is en hy het toe hulp ontbied. 

“Hulle het die ou man verniel, hy is erg getraumatiseer,” sê Botes. “Jannie en my skoonpa was onafskeidbaar. Hy was ongetroud en het nie kinders gehad nie. Hy het sy pa maar opgepas, hulle het saam gewoon. Ons kan maar net hoop hulle (die moordenaars) ry aan die pen. Dit kan nie so aangaan nie, êrens moet dit stop.”

Die polisie ondersoek ’n saak van huisroof en moord. Teen laat Woensdagoggend is niemand nog vasgetrek nie.


Meer oor:  Henk Lombaard  |  Jannie Lombaard  |  Leeudoringstad  |  Noordwes  |  Verniel  |  Doodgeskiet
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.