Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
‘Hulle rook my boetie se as!’
Pippa die skaaphond se kissie is op die Annandale-gesin se erf gevind nadat die vermeende diewe die sakkie vol as daarin gesteel het. Foto: Verskaf

“Watter mens met ’n siel rook die as van ’n ander mens – ’n pa en ma se jongste seun, ’n sussie en boeties se jongste boetie, ’n oupa en ouma se kleinseun?”

So vra ’n ontstelde Lucinda Annandale (33) van Pellissier in Bloemfontein nadat daar Donderdagoggend vroeg by hul huis ingebreek en die as van haar oorlede broer, asook dié van haar twee honde, gesteel is, glo om met ander middels te meng en te rook.

Milo die Jack Russell se kissie is nog soek. Slegs die kaartjie op die kis is op die Annandale-gesin se erf in Pellissier gevind. Foto: Verskaf

Sy, haar ma, Rinda, pa, Tom, boetie, Richard, en vyf honde was aan die slaap toe minstens drie mans by hul huis ingebreek het.

Hulle het die diefwering aan die agterkant van die huis verwyder en ’n televisiestel, haar handsak, Richard se beursie, en die as van Jonty en twee honde gesteel.

Jonty is op 27 Julie 2014, ’n dag voor sy mondigwording, dood weens komplikasies verwant aan die griepvirus.

Jonty se kissie is in die veld naby die gesin se huis gevind. Dit is dolleeg. Daar word beweer dat dwelmgebruikers deesdae dooie mense se as vat en dit meng met ander dwelms om dan te rook. Foto: Verskaf

Annandale sê dit voel vir hulle of hulle hom van voor af verloor het.

Sy sê hulle is nou te bang om in hul eie huis te bly.

Die gesin het ’n klag by die Parkweg-polisiekantoor ingedien.

Jonty se kissie is in die veld naby die gesin se huis gevind. Dit is dolleeg. Daar word beweer dat dwelmgebruikers deesdae oorledenes se as vat en dit meng met ander dwelms om dan te rook.Foto: Verskaf
Jonty Annandale wat weens griepverwante komplikasies dood is. Foto: Verskaf

Hulle het Pippa die skaaphond se leë kissie eerste in die erf gekry. Die ander hond se kaartjie wat by die kissie was, het hulle ook op die erf gekry, en Jonty se kissie het hulle in die veld naby die huis gekry.

“Die kissies was pikdonker aan die binnekant, en dolleeg, nes die hart en gewete van dié wat hul as gevat en gerook het.”

Sy sê die polisie kon nie vingerafdrukke neem nie.

“Die televisie en die ander goed het ’n waarde en word deur die versekering vervang, maar die heel waardevolste, dit wat vir ons as familie priceless is, gaan nie gevind of vervang kan word nie. Nooit nie.”

Die polisie het teen publikasie nie op navrae gereageer nie.

* The Citizen het vroeër berig dwelmgebruikers gebruik nou dooies se as om volume en skop by die straatdwelm “whoonga” te voeg.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.