Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
‘Húlle skroom nie om sleutelfigure in polisie uit te wis'
Forensiese beamptes van die polisie neem foto’s van die voertuig waarin lt.kol. Charl Kinnear Vrydag voor sy huis in Sidneyvale, Bishop Lavis, vermoor is. Foto: Jaco Marais

Dr. Guy Lamb, ’n polisiekenner aan die Universiteit Stellenbosch, sê polisielede wat georganiseerde misdaad en bendes ondersoek, sal van nou af ekstra versigtig moet wees.

Dit volg nadat lt.kol. Charl Kinnear, speurhoof van die Wes-Kaapse bende-eenheid, Vrydag voor sy huis in Sidneyvale, Bishop Lavis, deur ’n gemaskerde man in ’n rooi kappietop doodgeskiet is.

Kinnear het toe pas voor sy huis stilgehou. Hy is vermoedelik meer as vyf keer raakgeskiet en is op die toneel aan sy wonde dood.

Volgens Lamb is dit nog nie duidelik hoekom Kinnear spesifiek vermoor is, en of dit verband hou met ’n spesifieke ondersoek wat hy gedoen het nie. Wat sy dood wel bewys het, is dat die polisielede kwesbaar is en dat dit nie genoegsame beskerming is vir lede wat Kaapse bendes ondersoek nie.

“Georganiseerde misdadigers buit nou dié kwesbaarheid uit en sal nie skroom om sleutelfigure uit te wis nie.”

Lamb sê die polisie het tot nou toe daarin misluk om belangrike bates soos ondersoekers, aanklaers en getuies teen geteikende aanvalle te beskerm.

Volgens Lamb is aanvalle teen lede van die polisie en die vervolgingsgesag deel van ’n nuwe tendens deur georganiseerde groepe en bendelede om mense in die strafregstelsel te teiken sodat hul sake byvoorbeeld geskrap kan word.

“Ons sien hoe senior polisielede, prokureurs, staatsaanklaers en selfs getuies in hofsake in die visier kom sodat die bendes tyd kan wen om te verseker dat hul sake nie voortgaan nie, van die hofrol geskrap word, of eenvoudig uitgegooi word.”

Lamb sê sonder bewyse en getuienis is vervolgings eenvoudig nie moontlik nie.

“Een baie doeltreffende manier om te verseker dat sake nie verhoor word nie, is wanneer die ondersoekbeampte, die staatsaanklaer of getuies verdwyn of dood is.”

Hy sê dis nie net die Wes-Kaap wat sulke voorvalle het nie, maar die probleem is ook volop in KwaZulu-Natal en Gauteng waar misdadigers sleutelfigure in hul sake teiken.

Die organisasie Forensics for Justice het Sondag gesê hulle kan nie en sal nie ledig staan en toekyk dat misdadigers uit die onderwêreld etiese en hardwerkende polisielede na willekeur uitmoor nie.

Forensics for Justice het Sondag ’n beloning van R1 miljoen aangekondig vir enige tasbare inligting wat kan lei tot die inhegtenisneming en suksesvolle vervolging van Kinnear se moordenaars.

beloning
Die beloning wat uitgereik is vir inligting oor die moord op lt.kol. Charl Kinnear.

Meer oor:  Guy Lamb  |  Charl Kinnear  |  Beskerm  |  Misluk  |  Kenner  |  Polisie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.