Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
‘Hulle wou SAUK-hoë uit pad hê’

‘Ons is nie agter jou kar aan nie.”

Dit was Vrydagaand ’n beweerde sluipmoordenaar se woorde aan Thami Zikode, die SAUK se hoof-ouditbestuurder.

Was dit nie dat Zikode ’n vuurwapen by hom gehad het en op sy aanvallers losgebrand het nie, het hy die aanslag by sy huis in die suide van Johannesburg waarskynlik nie oorleef nie, het bronne binne die SAUK aan City Press, susterskoerant van Rapport, gesê. Een van die aanvallers is gewond.

Ons moet mense verantwoordelik hou en Zikode is aan die stuur van hierdie skoonmaak.

Hy het later vir die polisie ook gesê hy en sy drie makkers wou nie Zikode se motor kaap nie.

SAUK-bronne, polisiebronne, ’n ooggetuie en ’n vertroueling van Zikode het aan City Press gesê die aanvaller het na die bestuurder se kant van die motor geloop toe Zikode omstreeks 19:30 Vrydag stilhou om die hek oop te maak. Die aanvaller het aan die ruit geklop met sy vuurwapen en dis toe dat Zikode glo op die aanvaller losgebrand het.

’n Ooggetuie wat by die toneel was, sê die aanvaller het aan hom en ander wat die aanval aanskou het gesê hy en sy medepligtiges is deur “een vrou gestuur”.

Die 32-jarige aanvaller sal môre in die landdroshof in Johannesburg verskyn op aanklag van ’n poging tot ’n kaping. Bronne na aan die ondersoek sê nog klagte kan bygevoeg word en dat ’n soektog aan die gang is vir die aanvaller se medepligtiges.

Zikode is die laaste 18 maande hoof van die SAUK se interne ouditafdeling en is in die verlede gedreig. Die polisie bekyk die werk in sy afdeling op soek na leidrade oor die aanval.

Verskeie SAUK-bronne sê hulle sal nie verbaas wees as daar ’n poging was om van Zikode ontslae te raak nie omdat daar baie verdagtes betrek word by oudit-ondersoeke en ’n ondersoek deur die Valke.

Zikode was voorheen verbonde aan die kantoor van die ouditeur-generaal en is aan die stuur van ’n “skoonmaak-operasie” by die openbare uitsaaier om korrupsie te ontbloot, het Bongumusa Makhathini, voorsitter van die SAUK-raad, gister gesê.

Makhathini sê daar is verskeie verslae wat dui op korrupsie en wanbestuur by die SAUK. “Ons het oor die 180 verslae wat ons moet deurwerk. Ons moet mense verantwoordelik hou en Zikode is aan die stuur van hierdie skoonmaak,” het Makhatini gesê.

“Hy is nie afgeskrik (deur hierdie aanval) nie. Hy is vasbeslote om met sy werk vol te hou, want dit is die regte ding om te doen.”

Volgens ’n vertroueling van Zikode het hy Vrydagaand eers op sy aanvaller geskiet en toe op die motor waar die aanvaller se makkers gewag het. Die makkers het weggejaag en die aanvaller, wat drie keer getref is, daar gelos. Volgens ’n ooggetuie het die gewonde aanvaller eers gesê hulle was op soek na ’n motor soos Zikode s’n, maar later sy storie verander en gesê hulle is gestuur.

Zikode wou nie kommentaar lewer nie, maar het die weergawe soos beskryf deur City Press bevestig.

Die aanvaller was teen gistermiddag nog onder polisiebewaking in die hospitaal.

Die Valke ondersoek die voorval.

Meer oor:  Aanval
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.