Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
‘Hy het op my gepiepie’

Die sesjarige meisie wat glo sonder haar klere saam met ’n tienerseun (13) in ’n Wimpy-restaurant se toilet by Mooinooi gevind is, wou die heeltyd weet waarom die seun op haar “gepiepie” het.

“Sy het die heeltyd by die restaurant en later weer by die polisiekantoor na haar privaat dele gewys en gevra waarom die seun op haar gepiepie het,” sê Doris Makgaka (44), die vrou wat tussenbeide getree het toe die meisie se ma die kinders in die toilet betrap het.

Doris Makgaka vertel hoe sy die seun gekonfronteer het. Foto: Elizabeth Sejake

Rapport het verlede week berig dat ’n video van die voorval verlede Woensdag op sosiale media versprei is.

Brig. Sabata Mokgwabone, ’n Noordwes-polisiewoordvoerder, sê hulle ondersoek steeds die saak en dat niemand in hegtenis geneem is nie.

Die ma van die meisie het aan Rapport gesê sy het ’n amptelike klag by die polisie ingedien.

Die seun se ma wou nie kommentaar lewer nie en het gesê sy gaan stappe doen teen mense wat die video versprei.

’n Onderwyser by die laerskool waar die seun skoolgaan, het aan Rapport gesê hy was nog nie weer terug skool toe nie omdat sy ouers vir sy veiligheid vrees.

’n Skermgreep uit die video waarin Joy Makgaka die seun konfronteer.

Makgaka het die afgelope week aan Rapport verduidelik wat agter die skerms gebeur het en waarom die ma van die meisie daarop aangedring het dat ’n saak by die polisie aanhangig gemaak word.

“(Die verwysing na die ‘piepie’) het die ma geweldig ontstel omdat dit haar ergste vermoedens bevestig het dat daar moontlik iets verskriklik met haar kind gebeur het.”

Makgaka, wat maar toevallig by die Wimpy was om gratis koffie op stemdag te geniet, sê die tienerseun was alleen by die Wimpy se kinderspeelplek.

“Dis ’n probleem dat daar baie kinders sonder hul ouers by die restaurant is.”

Makgaka, besturende direkteur van Genesis, ’n plaaslike organisasie sonder winsbejag wat na armes omsien, sê sy het gesien hoe die meisie in die speelarea doenig is, maar gereeld by haar ma gaan aanklop het.

“Ek het op ’n stadium gewonder waar die kind is. Toe ek weer sien, het die ma die ingang van die badkamerdeur met haar lyf toegedruk. Sy het toe geskree: ‘Iemand, help asseblief!’ ”

Makgaka het gaan help.

“Die ma het vir my gesê dat die dogtertjie se pantie verkeerd om aan was toe sy uit die toilet uit kom. Sy het haar skoene in haar hand vasgehou.”

Volgens haar was die ma histeries en Makgaka het tussenbeide getree deur die seun aan sy arm vas te hou en as bemiddelaar op te tree. “Ek werk gereeld met jeugdiges en ek het probeer om myself in sy posisie te plaas.

“Ek was terselfdertyd bang vir die seun se onthalwe en ek was versigtig om woorde in sy mond te lê. Ek het geweet dis belangrik dat hy kalm bly, my vertrou en praat. Ek wou weet wat gebeur het en het die seun aanhou vra wat hy gedoen het.

“Die seun se antwoord aan my was dat sy (die dogtertjie) hom gevra het om dit te doen.”

“Om wat te doen?” wou ek by hom weet. “Hy het toe gesê sy wou hom soen,” sê Makgaka.

Sy sê die restaurant het die polisie en die seun se ouers in die hande gekry en hulle het min of meer dieselfde tyd by die restaurant opgedaag.

“Sy ouers was baie ontsteld en die pa het die heeltyd verskoning gevra.”

Al die ouers, die twee kinders en Makgaka is daarna na die polisiekantoor, waar die kinders ondervra is.

Makgaka sê almal wil by haar weet wat gebeur het.

“Ek kan nie sê nie, want ek het hulle nie saam in die badkamer gesien nie.”

Sy het met die meisie se ma opgevolg en dié het vir haar gesê sy is “oukei”.

“Die ma word nou gekritiseer dat sy nie na haar kind gekyk het nie. Ek kry haar bitter jammer. Dit het als binne ’n oogwenk gebeur en dit is onregverdig om haar te blameer. Suid-Afrikaners kan baie wreed wees.”

Makgaka is ontsteld dat die video waarin die konfrontasie opgeneem is, so wyd versprei is.

Op sosiale media het sommiges dadelik ’n vergelyking getref met die Dros-verkragtingsaak. Nicholas Ninow (20) word aangekla van die verkragting van ’n sewejarige meisie.

In daardie saak is die jong meisie ook in ’n restaurant se toilet gevind nadat sy oënskynlik verkrag is.

Makgaka sê sy wil nie kant kies in die saak nie.

“Ek het self ’n gestremde seun. Dit laat ’n mens vrees vir die veiligheid van jou eie kinders.”

*

Meer oor:  Kindermolestering  |  Wimpy
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.